Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2924 resensies.
"Rustig en vredig. Reël jou toer sodat jy gedurende die week op die dorpie kan rondstap. Daar is baie te sien maar Sondae is alles toe."
"Meer restaurante kan oop wees vir aandete (verskeidenheid). Daar was slegs 2 oop."
"Pragtige uitsig oor die Karoo en sterre was asemrowend helder - sal definitief weer kom kuier!"
"Baie lekker wyn by Soetkelkers, heerlike cappuccino by die hotel en 'n baie skoon dorpie. Ons derde besoek aan Prins Albert en sal dit weer doen."
"Juweel van die Karoo! Fantastiese wyse om die nostalgie van die platteland te beleef."
Prince Albert Road, Kaap Karoo
Wolvekraal Guest Farm"Prins Albert is 'n pragtige dorpie met allerlei interessanthede. Ons het te min tyd gehad om dit te voet te verken, en het net hier en daar ingeloer. Die Swartbergpas is 'n moet - mits jy nie haastig is of aan hoogtevrees ly nie. "
"Pragtige plek, gaan volgende keer eers 'n paar dae daar oorbly voor ons verder gaan Kaap toe. "
"Sutherland se grondpaaie is bekend vir skade aan bande. Ry grondpaaie rustig en sorg dat jou spaar wiel nagegaan is. Juis die grondpaaie en passe maak die omgewing 'n mooi toer bestemming. Die Oubergpas was vir my die hoogtepunt. Sterrekyk is 'n moet!"
"Old world style village atmosphere and buildings to match. Pity the historic Mill needs another renovation, and the Swartberg pass must be repaired after the last rains."
"Enige in sy soort, ryk aan geskiedenis, 'n juweel in die middel van niks en nerens."
"Wonderlikste, vriendelikste mense - oral waar ons gegaan het. Lieflike eetplekke en winkels. Karoo warmte!"
"The beauty and magnificence was well worth the visit. We also visited the Olive Farm to buy olives and olive oil, also worthwhile. "