Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2924 resensies.
"One of the most beautiful towns in the province and it is clean and safe. Great restaurants, friendly people and the scenery on the Swartberg Pass something not easily described - a MUST see. Many attractions in the area and Prince Albert is surely worth more than one visit. When we visited the town it made us proud to be South Africans!"
"Baie vriendelike mense, en hope om te doen. Beslis 'n dorpie om na terug te gaan."
"Kan julle reël dat die lug in die aand oop is om die sterre te kan sien? (net 'n grappie!)"
"Prins Albert is werklik die moeite werd om self drie nagte te spandeer, ons het die aandmark bygewoon en daar geëet - danksy Megan wat ons ingelig het - en sommer deel geword van die permanente inwoners. Die atmosfeer en die samehorigheid was heerlik vir stadsjapies om te ervaar. Ons het ook die Amanda Strydom vertoning bygewoon in die pragtige teater! Voorstel - besoek die dorp oor 'n naweek sodat jy die oggend- en aandmark kan meemaak. Die inligtingsburo is behulpsaam en die karate heel skaflik. "
"Ons het absoluut verlief geraak op die dorpie, en daarom byna nie lus om die dorp te "adverteer" nie. Dit sou so jammer wees as die karakter van die plekkie sou verander. Ons het die dam buite die dorp besoek, en stel voor dat die brosjure aangepas word, aangesien die pad daarheen beslis nie deur 'n gewone motor bereik sal kan word nie. Daar is ook geen aanwysingsborde binne die Cape Nature gebied nie."
"Het dit baie geniet, onthou net dis platteland, die strate word defs na sekere tye opgerol en gebêre."
"Ek het 'n lang verbintenis met Sutherland. Maar die gebrek aan 'n snoesige warm coffee shop in die dorp waar 'n mens warm koffie kan drink en melktert kan eet, is jammer. Veral in die winter. "
"Baie oulike ou dorpie ... Sommige van hulle eetplekke is egter totaal oorboord met pryse, terwyl jy by ander heerlik kan eet vir bekostigbare prys ... Maak dus vooraf seker! Alles wat jy sou benodig as jy iets vergeet het, is wel daar te kry."
"We went to see the "star gaze" project, and it was very interesting indeed. Sutherland is a very friendly place, and everything you need for a weekend getaway."
"Die dorpie is mooi. Die omgewing is baie interessant, veral die Seweweekspoort. Beslis die moeite werd om hierdie natuurwonder te besoek."
"Julle moet die heerlikste appeltert in die land gaan eet by Lazy Lizard en gaan maak ook 'n draai by die kwekery. "
"Prins Albert is 'n uitstekende toeristebestemming. Propvol besoekplekke, restaurant en natuurlik die Swartbergpas. Sal definitief meer gereeld gaan kuier."
"A pretty, quaint village, well worth visiting. We love the idea of a theatre in town!"
"Prins Albert is 'n klein juweel. Soveel gasvryheid het ek lanklaas ervaar. Van die plaaslike dokter (Dr Kriek) tot die aptekers wat uit hul pad gegaan het vir mediese diens. Lekker winkels, heerlike restaurante en vele meer. "
"It is certainly a delightful place to put on your to do travel list. The people are friendly, with so many little zany eating places to try, wish I had had the time."
"Gaan doen gerus die Rooibus-toer vanaf die hotel. Die gidse is uitstekend en ons het so baie geleer van die dorp!"