Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Route 62
Rated 4.5 out of 5 based on 2489 reviews.
"Robertson is die mooiste ou dorpie en ons was so beïndruk met die restaurante! Het bitter lekker geëet! "
"Die plekke om te sien is beeldskoon en hemels en die natuurskoon en gastehuise is baie mooi."
"Carlitzdorp se mense is vriendelik en hulpvaardig, maar daar is geen eetplek wat bietjie laat oop is nie en geen ordentlike plek soos 'n Shoprite of Spar om dan iets eetbaars te koop nie. So as jy oorbly, vat iets saam om te braai of te maak in by jou verblyf."
"Ladismith is 'n interessante dorpie. Gaan eet gerus by Kanna Karo en die Klein Karoo Kombuis - uitstekende kos en waarde vir geld. "
"Rustige plattelandse dorpie met genoeg om jou besig te hou en om die belangstelling te prikkel."
"Iets van alles: natuur in die dorp, goeie museums, mooi kerkgebou, goeie eetplekke en lekker droë perskes."
"Die dorp bied nie veel om te sien, maar die area rondom dit en die is gastehuis absoluut die moeite werd."
"McGregor het aangename teetuine. Daar is genoeg winkels om die nodige voorraad te kry, maar die gebrek aan kettingwinkels gee nog die plattelandse gevoel. Die dorp se hoofstraat is mooi."