Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Cape Winelands

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Winelands bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5609 resensies.

Stellenbosch Sentraal, Kaapse Wynlande

112 On Dorp

"Om in Stellenbosch oor te bly vir 'n paar dae is amper soos om in 'n Africana-skildery rond te loop: die ou geboue word met begrip liefdevol in stand gehou en gebruik. Die mense op straat was vriendelik soos mens jou Bolanders en ontspanne toeriste sal voorstel. 'n Juweel."

Montagu, Kaapse Wynlande

Le Domaine Self Catering Farm Cottages

"Montagu is 'n pragtige dorpie, hoort op elkeen se vakansie lysie te wees."

Stellenbosch Sentraal, Kaapse Wynlande

Black Horse Suites

"Die area is lekker omdat dit nabygeleë aan baie restaurante en aktiwiteite is. Oor die feesseisoen is die dorp baie stil."

McGregor, Kaapse Wynlande

Lady Grey Walk Cottage

"McGregor is PRAGTIG mooi en ek sal weer soontoe gaan."

Montagu, Kaapse Wynlande

Bon Accord Farm Cottages

"Sentraal om verskeie wynkelders en ander toeriste aantreklikhede te bereik."

Stellenbosch, Kaapse Wynlande

San Gabriel Homestead

"Sal eendag daar gaan bly! Is maar net 'n juweel so altyd."

McGregor, Kaapse Wynlande

Tindall Cottage

"Ons gaan elke Desember om die oujaarsaand "Dinner and Dans" by Temenos te vier, en om 'n vroegoggend stap in die vars lug te geniet. Baie netjiese dorpie."

McGregor, Kaapse Wynlande

Silvergreen Shepherds Hut

"Pragtige dorp met vriendelike mense!"

Montagu, Kaapse Wynlande

Mountain View Lodge Montagu

"Dis heerlik stil en die vallei is baie mooi. Die toerismeburo kan meer doen om alle besienswaardighede en aktiwiteite in die omgewing op hul webwerf te promoveer. Dit sluit restaurante, wynplase (proelokale oop vir die publiek en tye), akkommodasie, winkels, padstalle, ens in. Dit help om te weet wanneer wie (werklik) oop en toe is. Moes baie rondbel om uit te vind. Die webwwerf is goed, maar kan verbeter. Kon meer hulpvaardige inligting vanaf Trip Advisor en sekere brosjures by blyplekke kry. Montagu moet iets doen om hul uitstallings in die museum (sendingkerk) bietjie meer aantreklik te maak. Dit is interessant, maar die voorlegging kort werk. Montagu is lieflike plek, sal weer terug gaan, maar net nie weer tydens 'n hittegolf nie."

Montagu, Kaapse Wynlande

360on62 Mountain View Farm Cottages

"Pragtige skoon dorpie, waar 'n mens alles kry wat jy nodig het: 'n wassery, 'n gesondheidswinkel, lekker restaurante, veral Rambling Rose. Sal weer gaan. Die natuurskoon is asemrowend!"

Kaapse Wynlande

Windfall Guest Cottages

"Ons het bloutjies geloop by Mo and Rose en Fraaiuitzig. By Fraaiuitzig het ons 'n koel ontvangs gekry toe ons op 'n baie warm dag drankies wou nuttig. Lieflike koel stoep, maar slegs vir inwonende gaste. Ons wou middagete geniet, maar kon nie by een van die twee regkom nie, alhoewel dit op die brosjures aandui dat daar restaurante is."

Montagu, Kaapse Wynlande

Anchorage Inn Guesthouse

"Pragtige dorp. Bo aan my lys van gunstelinge!"

Kaapse Wynlande

Windfall Guest Cottages

"Ons is van KZN en het ver gery om die Wynlande te besoek, maar dit was beslis die moeite werd. Die wingerde, boorde en berge was indrukwekkend. Die kelders het ons hartlik ontvang en natuurlik het ons van al die heerlike wyne geproe. Sal dit beslis weer doen."

Robertson, Kaapse Wynlande

theLAB Lifestyle Robertson

"Dis 'n pragtige omgewing met heelwat besienswaardighede wat ons gaan ondersoek het. Goeie wynplase in die omgewing asook 'n groot inkopiesentrum en die klein, nabygeleë dorpies is interessant om te besoek."

Paarl, Kaapse Wynlande

Boschenmeer House

"Baie warm maar mooi."

Brandwacht, Kaapse Wynlande

Feel @ Home

"Lekker naby al die mooi plekke, het veilig gevoel. "

Montagu, Kaapse Wynlande

The Vineyard Country House

"Restaurante is klein en maak redelik vroeg saans toe. Jy gaan honger slaap indien geen bespreking vir aandete gemaak is nie."

Bovlei, Kaapse Wynlande

Oude Wellington Estate

"Bovlei is baie mooi. Doolhof en Diemersfontein se wyne is 'n moet vir 'n wynproe. As jy hou van "mountain biking", sal jy ook dit geniet om van die roetes daar te gaan uitry."

Robertson, Kaapse Wynlande

Mabet and Gabriella Guest Rooms

"Robertson is a gem. The wines available in the area are fantastic, the town is adorable and wine tasting is free unlike most other regions in the Cape. Although it's further from Cape Town it's a lovely town to spend a weekend away. "

Montagu, Kaapse Wynlande

360on62 Mountain View Farm Cottages

"Lots to do, wine farms, mountains, river and tractor outings, not to be missed."

Paarl, Kaapse Wynlande

DOT J J B & B

"Lekker stil in Paarl. Baeie wynplase en goeie restaurante beskikbaar."

Montagu, Kaapse Wynlande

The Vineyard Country House

"Mooi en interressante dorpie. Heelwat om te doen in omgewing. Verbasend goeie restaurante."

Ceres, Kaapse Wynlande

Village Guesthouse & Restaurant

"Ceres is geleë tussen die pragtigste berge en sommer naby omliggende dorpe. Die Bainskloof-pas is asemrowend mooi. Sal beslis besoek in wintermaande."

Paarl, Kaapse Wynlande

Ladera Vista

"Die Paarl is die beste plek om oor te bly aangesien dit sentraal is en baie is om te doen en te sien. Die wynplase is almal 'n belewenis. Die Pinotage burgers by Byerskloof is 'n moet vir elke toeris wat Paarl toe gaan."

Blad
Blad 174 - Wys 5191 tot 5220

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang