Geverifieerde Resensie
Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9365 resensies.
"Seker een van die mooiste strande in Suid-Afrika!! Die wandel/drafpad langs die see, is 'n baie groot bonus!"
"Baie mooi uitsigte oor Tafelberg. Lekker om die strand te stap en 'n klomp restaurante, kuierplekke en inkopiesentrums baie naby geleë. "
"Dit was lekker naby aan al die Kaap se lekker plekke. Ons kon net 'n vinnige Uber vat."
"Perfect getaway but stay more then 2 days to experience the real Kalk Bay feeling."
"Dis jammer van die armoede in dele van die stad, maar daar is baie om te sien en te doen."
"Die see, die vars lug, die berge, die weer, ag sommer alles oor die Strand het my oorwin, selfs die pryse in die winkels."
"Bloubergstrand word die nommer een vakansiebestemming. Strande skoon en netjies met sigbare sekuriteit. "
"Duynefontein is perfect. Safe and peaceful. Close enough to the beach and Melkbos attractions."
"Vishoek is by Kalkbaai en omliggende strandgebiede waar interessante plekkies en restaurante besoek kan word."
"Ons kuier baie in Durbanville by Die Boer Teater! Dorp skoon en netjies en lyk tog of dit ook veilig is!"
"Dit breek nogal die Strand se beeld wanneer die publiek dit so bemors gedurende die feesdae op mense se voorstoepe kampeer en die gemors op sypaadjies los."
"Miskien nie die beste swemstrand nie, maar heerlike weer en nie so mal besig soos die meer gewilde strande. Kinders kon heerlik in die sand speel en ons kon ontspan. Alles is naby en kan na gestap word."
"I loved everything about the place. You are amazing. Thank you and I will be back."
"Die Strand-area is baie veilig, veral as jy langs die see wil gaan stap. Beslis baie netjies en skoon."