Geverifieerde Resensie
Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9365 resensies.
"Hoop net die padwerke is klaar as ons weer kom. Dit mors 'n mens se tyd veral as jy dringend iewers moet wees."
"Pragtige uitsig op Tafelberg en die see. Vakansiebestemming met gerieflike restaurante. Sypaadjies maak dit veilig om te loop of te draf langs die see."
"As die padwerke en wandelpad eers klaar is, sal dit `n groot verbetering aanbring as wat dit voorheen was."
"Lieflike area - pragtige natuurskoon met heerlike restaurante en besienswaardighede net 'n paar kilometers verder. Definitief die moeite werd om daar tuis te gaan."
"Sal enige persoon aanraai om daar te bly, uitstekende diens en baie netjiese woonstelle. "
"My eerste besoek, maar definitief nie my laaste nie - om elke hoek en draai wag 'n skat om onthul te word soos die pastaplekkie op die hoek."
"Welgelegen is close to the N1, next to Bellville and easy access to N1 City and Century City. Not far from Cape Town either. "
"Ons eerste kuier in Bloubergstrand. Wat 'n pragtige plek. Die hele dorp is in 'n puik toestand en mooi skoon met puik paaie! "
"Dis maar stad en besig. Wat dit wel besonders maak, is die feit dat 'n mens so half tussen Kaapstad, Stellenbosch en Paarl is. Jy is dus baie naby alles."
"Nie op hierdie stadium nie, want Kusweg en al die ander strate waaraan gewerk word was 'n nagmerrie met al die verkeer, maar glo wanneer dit klaar is sal dit baie goed lyk. "
"Glencairn is in 'n pragtige omgewing met die mooiste uitsig oor die baai. Dit is baie naby Simonstad, Boulders, Fishoek en ander klein dorpies wat 'n besoek werd is. Dit is ook nie ver van Kaapstad af nie so dis 'n goeie plek om in te bly."
"Perfect for tourists, the sea is a stone throw away. It's centrally located and travelling to V&A Waterfront, Table Mountain as well as other tourist attraction sites are easy. The best place to visit. "
"Was aangenaam verras met die Blue Route Mall. Dis nie so besig nie en ons sal weer soontoe gaan om meer plekke te besoek."
"Mal oor Bloubergstrand - pragtige uitsig oor Tafelberg en die stad! Groot bonus was die "kite surfers" wat die Saterdag reg voor ons woonstel gevlieg het!"