Geverifieerde Resensie
Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2314 resensies.
"Ons was bevoorreg om die watervalle by Augrabies in vloed te kon sien. Wat ’n pragtige gesig."
"Het gesoek na 'n waterwiel wat oral op die internet aangegee word, maar nie een gekry nie. Strate is vol groot slaggate. Dis nie regtig 'n toeristebestemming in ons oë nie. Daar is geen brosjure/inligtingsboekie wat enige toeristebestemmings in Kakams en omgewing bevat nie. Kon nêrens een vind nie."
"Natuurlik nie altyd so skouspelagtig soos na die baie reën nie. Jy moet alles doen en rondry - oor Blouputs, na Riemvasmaak en lekker bier by Khamkirri."
"Mooi skoon dorp. Vriendelike mense. Heelwat om daar en in omgewing te sien en te doen. Sal definitief weer Kakamas besoek. Was verras."
"Upington seems to be a pretty spot on with stop overs. There are more than enough places to choose from with varying prices. There are plenty of facilities in Upington. Upington seems to be a well functioning town/city and again as said before on my travels, it would be great to make the residents aware of the rubbish along the road side and to do a clean up. It can only add economic value to the place as travelling locals."
"Ek glo as die park weer oop is, sal dit die trip die moeite werd maak, veral as jy van ver kom om die waterval te sien."
"2000 km oor 3 dae gereis om dit te beleef. Was elke kilometer se reis werd. Moet in SANparks oorbly om die Augrabies voluit te ervaar."
"Fantasties. Net jammer dat daar so min plaasstalletjies wat vrugte van die omgewing bied, is. "
"Ons het Augrabies gaan kyk, so ons tyd was beperk. Dit was steeds ’n heerlike wegbreek."