Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11903 reviews.
"Aberdeen is 'n netjiese dorp met vriendelike mense. Wens ons kon nou al inspring en help om dit die dorp te maak wat kan kompeteer met die beste toerismedorpe."
"The town is not what my expectation was being my first visit, seems to have gone backwards, a real pity since it has such historical value."
"Vosburg het 'n baie mooi kerk. en is goed versorg en 'n regte plattelandse dorpie waar alles netjies en versorg is. Dankie dat ons Vosburg kon ervaar."
"Nie veel om te doen nie, maar lekker om oor te slaap op pad Kaap toe!"
"Te klein regtig vir 'n toerisme aantreklikheid. Uitstekend vir oorslaap en rus."
"You definitely need to spend more than one night to explore what Prince Albert has to offer. Beautiful unspoilt, scenery. The best SA has to offer."
"My tuisdorpie met 'n nuwe baadjie aan. Wat kan ek sê, dit bly die beste dorp met baie om te bied in die land. Duidelik bly die pryse nie plattelands nie, maar dan weer, almal moet lewe en is niks regtig buitensporig nie. Prins Albert en omgewing bied iets vir almal - enkellopendes, gesinne en ouer mense en buitelandse toeriste - vra net en almal is vriendelik en behulspsaam. Minstens is die dorp ook baie mooi skoon - ander Karoo- en plattelandsedorpe steek erg af."
"Ons kyk met nuwe oë na Graaff- Reinet. Defnitief nie net 'n deurry plek nie. Vallei van Verlatenheid en die Camdeboo beslis die moeite werd."
"Nice to see the dam overflow, but can't see myself going to Gariep for anything but a quick stopover."
"Ongelukkig te min tyd deurgebring om die dorp te leer ken. Die interessante argitektuur behoort enige besoeker op te val, van eenvoudige platdak-karoohuise tot elegante Victoriaanse en Edwardiaanse huise, asook openbare geboue. Lees in Gabriel Faganb se boek, Platdak, en Hans Fransen se, The old buildings of the Cape. Ongelukkig, soos albei skryf, is baie van Aberdeen se besondere voorkoms nou verlore. Besoekers hoef nie bang te wees dat hulle droëmond vertrek nie – The Blue Door kan aanbeveel word vir etes en drankies."
"Besoek gerus die Nougat fabriek en luister na Marian en Suzaan se getuienis oor hoe die fabriek ontstaan het."
"It's a pity that covid took its toll on this little town, but there is a fabulous restaurant that has opened and will be offering meals in the evenings. Hopefully things will be on the up again soon."
"Wonderful diversion from the N1, irrespective of which way you are travelling."
"If you intend eating at one of the 3 restaurants in the area during peak season, book a table when you book you accommodation."