Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.
"Die Plattelander lyk uiters gewild en die dorpie is goed geleë tussen Gauteng en die Oos-Kaap."
"Mooi dorpie, maar ongelukkig is die paaie, soos by ander dorpe ook, baie sleg!"
"Die dorpie is pragtig en die mense is gasvry en vriendelik. Sal graag weer tyd daar deurbring!"
"Tjailatyd restaurant se kos is smaaklik en die diens is baie goed. Het dit baie geniet."
"Ons slegte verblyf het ons opvinding oor Prins Albert redelik bederf! Dit lyk egter na ‘n baie mooi plek."
"Die Karoo is so mooi, maar min van ons neem die tyd om dit beter te verken. My pa het in Willowmore groot geword en my Ouma Burger het in Graaff-Reinet gebly so die Karoo is bietjie in my bloed. Die dorpe neem 'n mens terug na 'n rustiger tyd en die natuurskoon is asemrowend."
"Die Karoo het maar net sy eie mooi. Die mense is vriendelik en so gemaklik om mee te gesels. So anders as in die stad."
"'n Moet vir elke persoon om ten minste een wolkelose aand in die Karoo te spandeer en die uitspansel te sien soos mens hom moet sien!"
"Die dorpie is stil en die mense vriendelik. Ons het Saterdag 13h45 in die dorp aangekom en Die Boekwinkel restaurant wat al 14h00 sou toe maak was meer as gewillig toe ons gebel het vooraf vir 'n wegneemmiddagete om ons the help. Hulle het gewag tot ons daar was voor ons kos gemaak is en dit was heerlik. Die personeel wat ons bedien het was ook heeltemal gewillig dat ons sit en nie wegneem vat nie, maar rustig daar eet en deurstap en 'n glasie wyn geniet. Jy sal ver gaan as stadsmens om sulke helder sterre te sien en die stilte te ervaar met net windpompe wat die nagstilte breek."
"Meer inligting oor mooi kerke en Ou Dam-wandelroete kan duidelik op 'n bord aangedui word. Dis 'n groot bate, maar mens vind dit net terloops uit!"
"Dis 'n pragtige dorpie. Daar is baie mooi geboue, paar lekker eetplekke, lekker hotel, die Apollo ens. Die museum is fantasties en 'n hoogtepunt! Ek dink net baie dinge in die dorp kan nog baie verbeter word - die verwaarloosde sypaadjies veral, dit laat die dorp moeg lyk. Raak ontslae van die bokke in die strate. Die arme historiese begrafplaas is 'n ramp - en so interessant, maar alles is omtrent vernietig, gebreek, omgegooi. Met die regte groep kan die dorp soveel meer bied (en mooi lyk)!"