Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.
"Dorp moet net beter bemark word dit kan 'n ongelooflike vakansiedorp en aftreeplek wees."
"Die dam asemrowend mooi met die oop sluise. Skoon netjiese en veilige dorp."
"Ons het nie die dorp gesien nie, maar die omgewing is pragtig. En binne bereik van die beroemde Nieu-Bethesda."
"Baie vriendelike mense en 'n wonderlike rustige dorpie met pragtige uitsigte oor die dam en natuurskoon. Beslis 'n bestemming vir jou vakansielysie."
"Urgent assistance needed regarding lack of electricity. The nature reserve has apparently been closed since the start of Covid! Sanparks is open. And then the prime holiday resort (government owned) is still closed. Die Oewer I think it's called. What a pity."
"Die omgewing bied die nodige afsluiting van die alledaagse gewoel en 'n mens kan net die stilte geniet en in die natuur ontspan."
"Ons was in September 2017 oor 'n naweek vir 'n famielie reunie by die Gariepdam Resort. Dit was 'n wonderlike naweek met 'n mooi uitsig oor die Gariepdam."
"Die Gariepdam het oor die algemeen heelwat om te bied, net ongelukkig nie gedurende Covid tyd nie, alles wat mens graag sal wil doen is onbeskikbaar."
"Ons as gesin is hou baie van Colesberg, ons maak seker dat ons darm iewers in ons vakansie reis daar uitkom!"
"Slegs as 'n halfweghuis-oorslaap gebruik, maar aangenaam verras met Rustiq Pub and Grill Restaurant. Hentie en Rena is ongelooflik gasvry en vriendelik."
"Nieu-Bethesda is die beste plek om weg te kom van die bedrywige lewe in die stad. Dit is rustig en skoon en die beste plek om af te skakel en te ontspan. Die Karoonagte is heerlik koel en dit voel asof die sterre sommer baie nader is as op enige ander plek."
"Lees bietjie op oor SKA. Ons was glad nie bewus van hierdie projek nie en ons gasvrou het ons voorsien van 'n wonderlike info blad wat die nuuskierigheid prikkel om verder navorsing te doen. Absolute juweel dorp!"
"Onverwagse oase in die Karoo. Grondpaaie met 'n fantastiese restaurant - Manna! Die Karoo-mense is vriendelik en gaan uit hulle pad om jou welkom te laat voel!"