Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Vir 'n baie lekker skaapnek, samp en groentes (regte, egte boerekos) gaan besoek gerus Bordeaux!"
"Maklike stop op pad Kaap toe. Heerlike skaap- en wildsvleis in die klein dorp se slaghuise."
"Lekker geëet by restaurant wat op rivier uitkyk. Baie mooi 360° uitsig oor dorp vanaf Prieska natuurreservaat."
"Oorspronklike naam Amandelboom se geskiedenis was interessant, asook die Korbeelhuise van die pionierboere in die Hantam was 'n wonderlike ontdekking. Williston Mall moet besoek word, maak daarom 'n dag vooraf 'n afspraak met hul om teleurstelling te voorkom."
"Onthou alles is toe oor 'n naweek, maar dis heerlik om rond te loop en met die vriendelike inwoners te praat! "
"Dis 'n pragtige en interessante dorp wat 'n besoek werd is. Pragtige omgewing en vriendelike mense. "
"Noupoort het nie veel om nou gaande oor te raak nie, maar dis 'n 'mens-dorpie' waar mense ook maar net 'mens' is onder die omstandighede."
"Prag plek. Maar hoofstraat se verkeer het geen dissipline en verkeer baie gevaarlik. Verkeersbeamptes word spitstye benodig!"
"Die plaas is wonderlik stil, presies wat ons wou gehad het, maar ons dink nie mens ry sommer Sutherland to net vir aandete nie! Die sterre is so pragtig en jy kan self met 'n app op jou foon leer oor die sterre. Die privaatheid was vir ons so so lekker."
"Ons verblyf was te kort gewees om regtig die dorp te verken, maar mense is vriendelik en gasvry, sal aanbeveel om langer te kuier en meer van die dorp te sien."
"Middleburg is a typical old SA platteland town, not much going on, but full of unknown history."