Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.
"Ons kon 'n definitiewe verskil in Graaff-Reinet sien van die laaste keer wat ons hier deurgereis het. Die meeste besighede en eiendomme is vars oorgeverf en die dorp was silwerskoon. Pragtig!"
"'n Pragtige deel van ons land met tradisie van kuns en kultuur. Goeie, vriendelike mense en 'n verwelkomende dorp in ons mooi land met toegangsroetes op pad vanaf Meiringspoort na die see of waar ook al."
"Dis beslis die moeite werd om 'n draai te gaan maak by die Chris Barnard Gedenk-museum."
"Ek het nog nooit daaraan gedink nie, maar noudat ek daar oorgebly het, glo ek dat dit minstens 'n dag se oorbly sal regverdig."
"Daar is soveel om te sien en doen. Mens moet nie net daar deurry nie. Vallei van Verlatenheid was 'n baie lekker ervaring. "
"Dit hang af wat jou doel is, ek kan sien hoe dit 'n wegbreek is van 'n besige lewe. Ons het oornag en dit was perfek vir wat ons beplan het."
"Ons het geëet by 4 Sheeps Restaurant wat aanbeveel word. Die kos was heerlik. Die dorp is baie stil en rustig en het onlangs 'n McDonald's gekry."
"Graaff-Reinet accommodation prices are very high and need to lower them to get more people to visit the town. The food prices at restaurants are also over priced, so making people make other plans."
"Beaufort-Wes het voldoende winkels om te voldoen aan oornagbesoekers se vereistes. Nie juis 'n toeristebestemming nie. Skoon dorp."
"Daar het redelik veranderinge plaas gevind. Die Ibis Restaurant se kos is iets besonders en vars gemaak. Daar het nie veel aangegaan terwyl ons daar was nie."
"Pragtige dorp. Rustig en skoon. Net jammer van die talle kinders wat bedel."
"Net die regte plek om te oornag sodat reisigers lekker uitgerus die lang pad na Beaufort-Wes en Laingsburg kan aandurf."
"Dis 'n welkome halfpadstop tussen Bloemfontein en Port Elizabeth. Ons het min van die dorpie gesien, maar vriendelike mense ontmoet."
"Gaan eet gerus by die restaurant in die Forever Resort. Pragtige plek met vriendelike kelners en heerlike kos."