Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.
"Besoek gerus die 4 Sheep Restaurant vir die heerlikste kosse, van skaapkop tot lamb shank. Paaie kan doen met opknapping."
"Goeie oornagplek. Ons was ongelukkig op 'n streng tyd-skedule en kon ons nie meer sien nie."
"Ons was so verras oor hoe skoon en kleurryk Beaufort-Wes was. Die ingang na die dorp begroet jou met 'n mooi tuin en al die huise was kleurryk geverf. Ons het die geleentheid gehad om die pragtige kerk van binne te sien met sy pragtige houtwerk, veral die preek ruimte wat besonders was en die orrel."
"Dis 'n oulike plekkie met sy eie bekoring. Lekker teerpad tot daar. Ons sal beslis aanbeveel dat meer mense die plek besoek. Ons het ook 'n uitstekende ontbyt genuttig by die Boekklub restaurant."
"It's a historical little Karoo town and is great for an overnight stay. The newly renovated art deco cinema is lovely and Karoux is recommended for dinner."
"'n Pragtige skoon dorp met die mooiste geboue en kerke. As mens daar kom, moet mens bietjie rondry en die dorp besigtig."
"Pragtige dorpie, maar wat ons die meeste beïndruk het, was hoe skoon die dorp is. Geen papiere of gemors wat rondlê nie"
"Mens moet maar net versigtig wees in die aande as jy na die winkels stap, daar is redelik baie bedelaars op straat."
"Klein dorpie, het net daar oornag en kos gekoop, maar almal was vriendelik en hulpvaardig waarookal ons gestop het."