Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.

De Rust, Karoo

The Travelling Tortoise Retreat

"Lieflike dorpie met aangename mense en 'n groot hoop wonderlike dinge om te sien."

Beaufort-Wes, Karoo

Casablanca B&B

"Ons het by een van die plaaslike restaurant Karoo Deli en restaurant gekuier, (op aanbeveeling van Zelda), en heerlik saam die eienaar en sy vrou gekuier, wonderlike hartsmense. "

Colesberg, Karoo

The Old Showgrounds Guestrooms

"Nie waarde vir jou geld wanneer dit by verblyf en restaurante kom nie."

Colesberg, Karoo

Coles Corner

"So kosbare plekkie, maar sommige strate is baie vuil."

Colesberg, Karoo

Mooifontein Farm

"Wonderlike plekkie."

Nieu-Bethesda, Karoo

Meerkat

"Nieu-Bethesda is 'n juweel van 'n dorp. Ons vertel vir almal om 'n besoek te gaan aflê. "

Prins Albert, Karoo

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"Goed geleë om o.a. van die wyn - olyf en vye plase te besoek."

Vanderkloof, Karoo

Tipuana B&B

"Dit was wonderlik om Vanderkloofdam na al die jare weer te sien. Dit is ook 'n baie skoon dorpie en my man het die visvang baie geniet al het hy die visse teruggegooi."

Colesberg, Karoo

Onder die Bloekombome

"Dit is een van daardie dorpe wat te maklik verby gejaag word. Hierdie was die eerste keer dat ons daar oorgeslaap het. Die dorp was stil en die restaurant was redelik besig. Ons het die Maandag oggend vroeg vertrek en dus nie die ander aanbiedinge van die dorp besoek nie."

Beaufort-Wes, Karoo

X Ventures

"Die blyplek strook nie met die dorp nie."

Gariepdam, Karoo

Orange Valley at Shekinah Guest Farm

"Dit is 'n wonderlike gesig om te sien. 100% vol wat 'n groot dankbaarheid is in SA. Dam se omgewing is skoon en netjies."

Graaff-Reinet, Karoo

Profcon Resort

"Love this town - will always be close to my heart."

Bo-Karoo, Karoo

Erin Farmhouse & Cottages

"Van die mooiste plekke in die land!"

Prins Albert, Karoo

Karoo Huisie

"Een dag is te min om alles te sien en te doen in Prins Albert."

Prins Albert, Karoo

Bid Huisie

"Pragtige dorp. Die tannie daar bo in die dorp met die melkery het uitstekende kaas en goeie vleis."

Joubertina, Karoo

@ R62 Langklip Estate Game Farm

"Joubertina het al die nodige winkels beskikbaar indien jy kruideniersware, klere en vleis benodig om te koop. Die natuurskoon is ongelooflik mooi."

Graaff-Reinet, Karoo

Waterval Farm-Stay

"Beautiful clean town with a lot of history. Quaint buildings which enlighten the mind. Everyone needs to visit Graaff-Reinet once in their lives."

Prins Albert, Karoo

Brakdakkie Guest Cottages

"Interessante dorp maar beslis "over-priced". Verblyf en restaurante. Aanvaar die dorp is gemik op buitelandse toeriste."

Graaff-Reinet, Karoo

111 Cradock Street - De Kothuize

"Ons was baie beïndruk met Graaff-Reinet. Meeste plattelandse dorpe het verval en agteruitgegaan en hier is dit glad nie die geval nie. Die dorp is skoon en mooi in stand gehou. Geskiedkundige huisies is ook in goeie toestand. Lekker koffie en kuierplekkies. Baie mooi gholfbaan, natuurreservaat. Ek sal Graaf-Reinett vir seker aanbeveel vir 'n ware Karoo gevoel. "

Prins Albert, Karoo

Swartberg Cottages

"Great town! Full of character! The Swartberg Pass was amazing!"

De Rust, Karoo

Olivier's Rust

"Hoogs aanbeveelbaar, netjies, gerieflik en sentraal geleë."

Gariepdam, Karoo

Gariep Gardens

"Gariepdam is 'n stil en rustige dorpie om te gaan ontspan."

Richmond, Karoo

Ka Ma Lodge

"Ek sou graag meer wou weet oor die besienswaardighede in en om die dorp."

Nieu-Bethesda, Karoo

The Brewery Loft

"Lekker weggesteek van die normale gejaagde lewe."

Gariepdam, Karoo

Waschbank River Lodge

"Gariepdam en omliggende gebied baie interessant en pragtige natuurskoon."

Gariepdam, Karoo

Gariep Gardens

"Mooi natuurfoto's kan daar geneem word in die oggend en aand met sononder. Regtig besondere kleure in die lug. Die dorp is stil en die lug is vars."

Prins Albert, Karoo

Teen die Randjie

"Lieflike, interessante dorpie. Daar is soveel om te doen en beleef. Die plek wemel van puik kunstenaars. Besoek gerus. Ook naby De Rust, Meiringspoort en natuurlik Swartbergpas en Gamkaskloof met Die Hel. 'n Fotograaf se droomwêreld."

Colesberg, Karoo

Annelines Guest House

"Die dorp is nie in 'n goeie toestand nie, maar dis perfek om 'n nag te rus voor jy verder vertrek."

, Karoo

Witfontein Plaas Gastehuis

"Die droogte en armmoede is ongelukkig duidelik sigbaar in Fraserburg, maar so is dit ongelukkig in baie dele van ons land. "

Blad
Blad 364 - Wys 10891 tot 10920
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem