Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11903 resensies.
"Stop by die Karoo Lodge en eet iets. Drink 'n glas wyn en groet die vriendelike wit kat."
"Baie mooi dorp met baie besienswaardigehede. Wonderlikke Karoo-lam by die slaghuise beskikbaar. Karoo Nasionale Park is ook net 'n klipgooi ver."
"Ietwat afgeleë, maar platteland op sy eie met sy eie bekoorlikheid. 'n Vars verandering vir 'n stadsjapie vir 'n oorslaap."
"Wat 'n veilige en rustige bestemming met die oulikste en heerlikste snuffel- en kuierplekkies. 'n Moet om te besoek."
"Pragtige dorpie! Vermy die Swartbergpas - dis 'n nou grondpadpaadjie oor die berg! Tensy jy senuwees van staal het! Baie mooi uitsig van daarbo af!"
"Goeie bestemming om paar dae oor te bly. Definitief uitstekende plek om oor te slaap op pad terug van Gauteng af."
"De Rust se gasvryheid is alom bekend. Stop, staan oor, beleef, loop van die een interessante plek na die volgende en jy sal die kultuur van De Rust saam met jou neem. Dankie De Rust en die inwoners vir julle vriendelikheid en gasvryheid."
"Ons is motorfietsryers en Prince Albert is 'n ideale basis om die omgewing te verken."
"Ons het 'n draai deur die Karoo Nasionale Park gery. Dit het ons 3 ure 50 min altesaam geneem van in by die hek tot weer uit by die hek. Pragtige koedoes, elande, gemsbokke en rooihartebeeste gesien. Was die moeite werd."
"Dis 'n mooi, skoon dorp en die personeel by die vulstasie was vriendelik en behulpsaam. Dankie, julle laat ons sommer tuis voel."
"Besoek gerus die Dust Covers boekwinkel. Een van die beste tweedehandse boekwinkels wat ek al gesien het."