Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.
"Dit is 'n halfweg-huis tussen vakansiebestemming en jou huis. Die historiese geboue wat gerestoreer word fasineer my baie. Ons het deur die strate gery en gestap en met die kersie op die koek 'n heerlike ete om die aand af te sluit."
"Nee, ons was daar tydens 'n uitsonderlike droogte, is steeds 'n baie mooi Karoo-dorp met vriendelike mense."
"Ons love Graaff-Reinet. Dit is een van die mooiste plekke in die land. Ons het ook vreeslik lekker by Polka geëet in die dorp."
"Unfortunately the town was a disappointment. The streets were strewn with litter, the cemetery especially is a disgrace with some graves having been vandalized and others having sunk into sinkholes, most buildings are not being maintained properly and there is very little to do in the form of entertainment. The extreme drought and heat add to an air of shabbiness. Some of the residents we spoke to were however, very friendly and colourful characters. It is such a pity to witness the decline of this small town but hats off to a few individuals who are doing their best to bring about improvements."
"'n Aanbeveling om die mooi eenvoud weer raak te sien en jou siel te voed."
"Pragtige skoon dorp met so baie om te verken. Ons is baie lief vir Graaff-Reinet. "
"Oulike Karoo-dorp. Reisigers moet meer afdraai, indraai en sodoende iets van die Karoo leefstyl ervaar."
"Oulike omgewing vir uitspan vir 'n hele paar dae. Wat 'n pluspunt sou wees, sou 'n twee-of-driebladsy A4 'print-out' wees wat iets van die Gariepdam en die oorde, natuurreservaat, ens. se ontstaansgeskiedenis vertel, bykomende besienswaardighede in die omgewing, ens. Hoe gemaak as iemand dalk die damwal van naderby sou wou besigtig, ens."
"Mal oor die plekkie. Baie interessant en ons eerste keer daar en sal vir seker terug wees."
"Jy moet weet hoekom jy hiernatoe kom. Dit gaan oor die rustigheid en die afgeleë platteland."