Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.
"Baie mooi plek. Sal graag volgende keer langer wil bly en plek bietjie beter leer ken."
"Ons ry nooit net deur nie, daar is altyd 'n plekkie wat ons besoek. Gaste onderskat De Rust."
"Ons was al voorheen daar en daar kan regtig meer moeite gedoen word aan inligting van die dorp soos waar om te eet, wat om te doen, rigtingwysers en dink daar kan vir die kunstenaars wat buite die uile-huis hul items adverteer beter stalle opgesit word soos beplan was. Ons wou ook van die items koop en daar was nie kontant beskikbaar by die uilehuis om die transaksies te doen nie, gelukkig kon ons by die supermark geld vra. Ons love die dorp en sal weer en weer teruggaan!"
"Dit is vir my sleg dat die mense van die dorp nie die papiere optel nie. Die dorp is vuil, daar is genoeg kinders om die gemors op te tel. En as elke eienaar van sy huisie net sy deel skoonhou, is die hoofstraat skoon."
"Sadly Beaufort West's historic buildings on the main road look neglected and are in disrepair."
"Die Karoo is tans besonders mooi vanweë die goeie reënval. Tans is dit 'n goeie tyd vir 'n Karoo-reis."
"Prins Albert is 'n absolute juweel, nie net in die Karoo nie, maar die hele land. Een van my gunsteling bestemmings."
"Ons het nog nooit Colesberg ondersoek om te sien watter interressanthede daar is nie. Gebruik slegs vir 'n vinnige oorslaap."
"Graaff-Reinet het my hart gesteel. Netjiese en goed instandgehoude geboue en ryk geskiedenis. Mense is vriendelik en praat ons taal."
"Die dorp is skoon en netjies. Waar ons winkels en restaurante was, was die personeel vriendelik en gasvry. Ons het sommer tuis gevoel. Wel gedaan Graaff-Reinet."