Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11903 resensies.
"Steenbokkie-karavaanpark en Karoo Nasionale Park beslis besienswaardighede. Ook diens en vriendelikheid baie goed."
"Wat 'n pragtige juweel in ons land. Die mense is besonder vriendelik en veral die buitelandse toeriste vind die dorp baie aanloklik. Die Nasionale Park tot die museums is alles in 'n baie goeie toestand. Die restaurante en winkeltjies is werklik uniek. Absoluut die moeite werd om Graaff-Reinet te besoek. "
"Rustige en unieke dorp en altyd lekker om tyd daar te spandeer."
"Daar is baie om te doen en een van die "moet doen" goed is beslis 'n besoek aan die Sneeuberg brouery vir 'n "honey Ale " en een van hulle "cheese platters"."
"Colesberg is 'n pragtige dorpie, veral die sentrale deel met die ou sandsteengeboue."
"Fascinating architectural gems, great scenery and drives, fantastic art, food and wine. upmarket small town life. Worth going the extra mike for -and you will have to, it's a long way from anywhere!"
"I love Beaufort West as my husband grew up in the town. Still the only place I stay overnight on route to Cape Town from Gauteng."
"Die hitte is wel erg maar mens moet daarby verby leef - dit is immers die Karoo. Nieu-Bethesda, die vallei, Kaktus-plaas, Grootkerk en geskiedenis van die dorp is elk 'n belewenis op hul eie. Die dorp is baie rustig en baie skoon. Die dorp en omgewing roep om 'n volgende besoek. "
"Sal graag weer wil terugkom en ten minste 2 nagte op Prins Albert oorslaap. Ek glo daar is heelwat meer te sien as wat ons kon sien in die kort tydjie (1 nag oorgeslaap) wat ons daar was. "
"Pragtig! Skoon dorpie, lieflike natuurskoon, pragtige Karoonagte! Interessante winkels en eetplekke. Lekker om sommer net deur die dorpie te stap. Inwoners is vriendelik en behulpsaam. Hierdie is die ideale plek om sommer net te ontspan en rustig te wees. Die omgewing van Prins Albert is merkwaardig en mooi. Dit is beslis 'n besoek werd!"
"Ons het Britstown toe gegaan vir die skoon lug en rustigheid, asook die heerlike stil nagte. Dit het ons in oorvloed ervaar. Daarby is Britstown 'n skoon dorp met al die noodsaaklikste dinge. "
"Daar is 'n gawe Spar vir voorrade. Die dorp se strate is in 'n haglike toestand."