Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.
"Pragtige dorpie, maar mens word oorweldig deur die aantal eetplekke! 'n Algemene handelaar sal welkom wees (het een gesien, maar dit was nie oop nie)."
"Indrukwekkende stuk water. Ons gelukkig om die volmaan oor die dam te sien opkom. Die restaurant, Tjailatyd, in Gariep, verdien beslis pluimpie vir die tipe en gehalte kos wat hul voorsit. Die kelnerinne is vriendelik en praat pragtig Afrikaans."
"Verrassend om te sien dat hul die naam "Dot se winkel" behou het. Die paar straatjies waarin ons gery het was baie skoon. Ek het geen papiere of gemors sien rondlê nie."
"Het daar gebly vanaf 1975 tot 1979 - soos enige plattelandse dorpie is Carnarvon baie agteruit. "
"Daar is heelwat om te doen en te sien op Nieu-Bethesda en mens het meer as een dag nodig om alles in te neem. Ek beveel die bestemming vir baie mense aan om te gaan ervaar en ontdek."
"Britstown self kan seker aan hul 'image' werk. Die Karoo is 'n wenner."
"Almal moet ten minste een keer na Gariepdam gaan. Onthou net alles maak vroeg toe op 'n Sondag."
"As jy van Karoo-gasvryheid hou, asook die neem van foto's, dan is Loxton die plek vir jou."
"Die Krip Restaurant was ongelooflik. Besonders anders met uitstekende kos. "
"Voel effens onveilig in sekere area. Dus is dit die perfekte location om te stop en te rus. Maklik om petrol te kry en iets om te eet. "
"As mens oor 'n naweek in Aberdeen oornag kan eetplekkies 'n probleem wees aangesien alles toe was. Gelukkig het ons heerlike vleis gekry om te braai by die klein kafeetjie en op die einde 'n feesmaal geniet. 'n Mens moet net voorbereid kom wat kos aanbetref. Ons sal weer daar oornag."
"Daar is nog baie oor om te doen wanneer ons weer teruggaan. Vier dae was nie genoeg nie."