Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.
"Ons is sommer verlief op die dorp met sy pragtige argitektuur, gasvryheid en asemrowende natuurskoon!"
"Ons klomp hou baie van die Karoo, bo of nie bo, bly heerlik om daar aan te doen."
"Was aangenaam verras toe ons in residensiële area rondgery het, maar het ongelukkig nie meer tyd as net daarvoor gehad nie."
"Dit is 'n wonderlike bestemming en ons sien uit na 'n volgende besoek. Wat veral beïndruk het, was die pragtig versorgde ou Victoriaanse wonings, skoon strate en vriendelikheid van Graaff-Reinet inwoners. Veilig, heerlike kos en baie om te doen en sien in die area. "
"Beaufort het alles wat mens nodig het, vir 'n langnaweek is dit 'n lekker wegbreek bestemming. Karoo Nasionale Park is 'n groot aanwins vir die dorp."
"Quaint, old charming Karoo town, with lots of history and beautifully restored homes and buildings. The theatre is great, we did attend a show, which we thoroughly enjoyed. We so enjoyed the wild flowers in the surrounding countryside. Spring is everywhere! "
"Prins Albert is 'n pragtige skoon dorp met mooi natuurskoon en het veral genoeg goeie eetplekke. Beslis 'n besoek werd."
"Hierdie bly maar net 'n mooi dorp en natuurlik maak die pragtige kerk dat ek weer en weer wil terugkeer. "
"Ek was so beïndruk met die ouwêreldse atmosfeer. Ons het 'n toer gehad van die NG Kerk en die tapisserieë in die ou kerksaal, dit was baie ontroerend. Ek sal beslis weer aandoen by Aberdeen wanneer ek na die Oos-Kaap reis."
"Prins Albert word uitstekend bestuur, baie skoon, heerlike restaurante en baie vriendelike mense. "