Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11903 resensies.
"Die dorpie is 'n toonbeeld van ouwêreldse sjarme en nostalgie. Die mense in die dorpie is baie vriendelik en die kos puik."
"Awesome plek, love ons besoek aan die Karoo Engele. Nieu-Bethesda is vir seker 'n moet om te sien."
"'n Moet-sien. Dis so' n fantastiese plek. Die dorpie is egter verwaarloos. Anders kon dit so 'n groot attraksie gewees het."
"Tipiese plattelansde verval van dorp met laaste paar inwoners wat probeer om die ketel aan die kook te hou."
"Dit is vir ons 'n baie lekker plek om oor te slaap op pad Kaapstad toe of terug."
"Mooi skoon dorpie met vriendike mense. Berge pragtig en omgewing. Swartberpas was 'n belewenis om uit te ry."
"Betrokke blok het kragprobleme ondervind agv reën, met die gevolg dat geen proviand koel gehou kon word vir die reis verder nie, geen selfone kon ook gelaai word nie. Die stort was ook yskoud die volgende oggend."
"Heeltemal 'n ander wêreld. Karoo het sy eie skoonheid en waar anders kan jy sterre soos daar sien."