Geverifieerde Resensie
Kei Mouth
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kei Mouth bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 67 resensies.
"Klein dorpie. Baie rustig. Bring wat jy nodig het, want daar is nie baie winkels met baie goed nie. Perfek vir 'n wegbreek van alles af. Die strande is ongelooflik."
"Kei Mouth is a good travel destination. A lot needs to be improved though , like 1. Improving / Upgrading the connecting road to the Kei river."
"Die omgewing is absoluut asemrowend. Wees net bedag daarop dat alle besighede nie elke dag oop is nie; die slagter byvoorbeeld is nie Maandae en Dinsdae oop nie, maar ons het die lekkerste hamburgerpatties daar gekry."
"Keimond op sigself bied ‘n rustige kuiertjie in ‘n afgeleë omgewing sonder om afgesonderd te voel. Pragtige strand en riviermond wat met ‘n ferrie oorgesteek kan word. ‘n Besoek aan Morgan Bay Hotel komplimenteer die mooi natuur en omgewing. "
"Country Klub met 'n lieflike golfbaan, twee riviermonde wat uitmond in die see, met 'n lieflike strandjie tussenin, en rotse waar branders eindeloos teen breek om jou gemoed te stil. Klein markies in die Yellow Forrest Camp, en as jy gelukkig is en op regte tyd by Keimond besoek aflê 'n kerkbasaar met heerlike tuisgebak! Definitief nie 'n moderne kusdorpie nie, maar 'n plekkie wat jou alles bied wat jy nodig het om gemaklik te wees!"
"Bitter klein dorpie, maar bied alles wat mens nodig het. Ek het nie meer verwag nie. Die rit oor die rivier met die pont was 'n aangename verrassing."
"Die slaghuis kan verbeter en meer aktiwiteite sal waardeer word."
"A lovely destination with some activities and wonderful beaches. Definitely a destination when you need to unwind and unplug from a busy routine."
"Unfortunately we did not spend more time there. Very nice location and the views are breathtaking. The Kei - Morgans Bay area is a gem for this country."
"Mooi dorpie vir rustige wegbreek. Heelwat plekke in omgewing om te besoek."
"Soveel om te sien, te besoek en te doen in omgewing. 'n Naweek is te kort om alle natuur, uitstappe en sportgeleenthede te beleef. Lokale mense deel graag inligting oor wat en waar."
"Daar is 'n klein Spar vir al die onbeplande aankope. Daar is geen vis om te koop nie. Die seelewe is baie geplunder maar steeds mooi. Rustig."
"Kei Mouth still has that small holiday village feel. It has everything you need and above all is right in the mouth of the Great Kei, gateway to the Transkei resorts. It's well well worth a visit."
"Rustig en stil. Beslis vir mense wat wil wegkom vir 'n welverdiende ruskansie."