Geverifieerde Resensie
Kimberley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kimberley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 791 resensies.
"Was vir Wilde Klawer Rugby-reeks daar. Net jammer Magersfontein was gesluit."
"Die Groot Gat is baie goed, maar die munisipaliteit kan meer doen om besienswaardighede skoon te hou deur te vee en gras te sny waar nodig soos tremspoorarea."
"Paar potholes in die strate wat opgevul kan word, asook bossies en grassny langs sekere strate kan gedoen word."
"Hoërskool Diamantveld het hulleself oortref met die aanbied van die Wildeklawer Sporttoernooi. Dit was uitstekend gereël."
"Like the rest of South Africa, the roads in and around Kimberley were shocking, pot holes galore."
"Te min om te sien en te besigtig, behalwe die Big Hole wat geen persone gehad het om ons te vergesel op ons besoek daar nie."
"Kimberley was baie vuil rondom die groot gat. Die besienswaardighede word verwaarloos."
"A must to visit Kimberley Mine museum. Very nice shopping mall to visit. Spoil yourself, make time, and visit Kimberley."
"Vir ons wat so kort gelede as 4 jaar terug daar gewoon het, is die vervalle toestand van paaie en infrastruktuur uiters teleurstellend en kommerwekkend. Daar is omtrent geen tekens van onderhoud nie."
"Die munsipaliteit moet let op die slaggate in die paaie en moet regtig aandag daarop gee. Wens ons het meer tyd gehad om die kulturele en geskiedkundige plekke te besoek. Sal weer in die toekoms hier draai."
"Die Groot Gat was 'n belewenis. Ongelukkig is die dorp baie vuil en daar is min om te doen, veral op 'n Sondag."