Geverifieerde Resensie
Klein Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Klein Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2007 resensies.
"Dorp goed toegerus met al die bekende winkels. Baie aktiwiteite vir die hele gesin.."
"Ons was net te kort in Oudtshoorn om al die plekkies te kon besoek. Die Kangogrotte was wel 'n eerste op ons lysie, maar die hoogtepunt was definitief die volstruisplaas. Alhoewel ons nie die toer gedoen het nie, kon die kinders die volstruise voer, wat natuurlik met groot gelag gedoen was. Ons sal definitief met 'n volgende keer die oorbly verleng."
"Lovely little town. Has amazing things to see and do. Lots of places to eat. Really great."
"Ons het op Sondag daar aangekom, dus is dit maar moeilik op 'n Sondag met die uitstappie in Oudtshoorn. Die weer was maar baie warm gewees en kon nie regtig uitgaan nie, en ons baie baie lekker geëet by een van die koffieplek in Oudsthoorn. "
"Daar is geen woorde om die Klein Karoo te beskryf nie. Jy moet self dit beleef om te verstaan. Die mense is ongelooflik vriendelik. Die valleie, die klowe en kranse. Die stilte, die sterre. Slaap oor, sien vir jouself."
"Ons kon nie baie verken nie, maar die dorpie was oulik en die area is beeldskoon."
"22 Church restaurant vir aandete en The Barn vir middagete is 'n moet!"
"Die Klein-Karoo het beslis hoekies en draaitjies wat ontdek moet word. Meiringspoort met sy geskiedenis en skoonheid moet beslis besoek word. Die dorpies Oudtshoorn en De Rust moet by stilgehou word. "
"Such an interesting destination, the whole family’s interests is catered for."
"Visit 5 Shy Meerkats for a wonderful early morning surprise."