Geverifieerde Resensie
Klein Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Klein Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2950 resensies.
"Alhoewel daar nie veel is om te doen in die dorpie self nie, is dit die perfekte geleentheid en ligging om bietjie terug te sit en niks te doen nie. Meiringspoort is wel net om die draai, en as mens nie skaam is vir so bietjie ry nie, dan is daar heelwat om te doen binne 'n paar uur se afstand. Dan kan mens altyd weer die nag in die rustige dorpie gaan geniet."
"Interesting place, with lovely scenery, hiking and many other things to fill a weekend or a few days' stay."
"Die dorp is skoon. Die omgewing pragtig en daar is baie om te doen. Oudtshoorn is 'n moet-besoek."
"Soos baie plattelandse dorpe, word baie gedoen deur die inwiners en sakelui om die agteruitgang te stuit."
"Oudtshoorn is vir my baie sentraal. Baie plekke om te besoek. Passe om te ry. George en Mosselbaai baie naby om vir 'n dag na uit te ry."
"Moet nie die waterval by Meiringskloof mis nie - net 'n kort entjie se stap van die pad af en die moeite werd. Moet ook nie die antieke winkel op die dorp mis nie - Mengelmoeskardoes - dit is regtig iets besonders!"
"Pragtige dorp in 'n mooi omgewing en baie te doen. Wonderlike besienswaardighede binne ry-afstand."
"Meiringspoort is 'n belewenis, mooiste bergreeks in die wereld met 'n lieflike waterval. Die toiletgeriewe op hierdie roete is uitstekend, skoon en daar is ook braaigeriewe. Hierdie berge is so mooi."
"Naby genoeg aan die Kangogrotte, Cango Wildlfe Reserve, die asemrowende Swartbergpas en natuurlik die wêreldbekende volstruise."
"Oudtshoorn bied soveel meer as net volstruise en grotte. Daar is die Langenhovenhuis, kunsuitstallings, gesellige restaurante (Nostalgie, om maar een te noem!), asook die omliggende omgewing met die Swartbergpas, Meiringspoort en die mooie R62 na Calitzdorp (55 km), bekend vir die portwyn en ander pryswennerwyne wat daar geproduseer word, om maar net 'n paar te noem. Beslis 'n besoek werd."
"Lovely town to visit. The Cango Caves were fantastic - a highlight of our South African holiday. The mountainous scenery around Oudtshoorn is dramatically beautiful and we enjoyed seeing springbuck and zebra as we drove. Buffels Drift provided an excellent meal with a view overlooking the dam where we saw hippos. There are many gift shops and beautiful old buildings to view. Definitely glad we visited Oudtshoorn."
"Montagu is a beautiful town with friendly locals who love their town."
"Interesting, friendly, beautiful historical buildings & lots to do in the area."