Geverifieerde Resensie
Klein Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Klein Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2950 resensies.
"My man is gebore in Oudtshoorn, dus is ons gereeld in Oudtshoorn. Pragtige plek, maar die hitte is soms ondraaglik. Gelukkig het ons koel weer gehad. My skoonseun wou baie graag Oudtshoorn besoek, daarom het ons as toergidse vir hulle opgetree. Hy is verskriklik beïndruk. Ons het hulle na verskeie besienswaardighede geneem."
"Mooi omgewing en vriendelike mense. Lekker gedroogde vrugte. Die lekkerste pannekoek met hoenderlewer geëet by Die Kloof Padstal. Kan dit aanbeveel."
"Oudtshoorn is 'n pragtige toeristebestemming met vriendelike innemende inwoners. "
"Ons was eers op pad Knysna toe, maar die bespreking het toe verval. Ook maar so deur God bestuur. Want ons is ook maar lekker laat uit die Kaap weg. Het vorige keer die Cango Caves gedoen en het die kennisgewing langs die pad van die Cango Wildlife opgemerk en 'n nota gemaak om dit op die volgende besoek te doen. En dit was regtigwaar die moeite werd. Plek en omgewing was baie rustig. En het ook vir Shiela by Chandelier ontmoet. Baie dankbaar vir die wegbreek. Knysna, volgende keer. "
"So much to do and see, just look at the amount of visitors it attracts from all over the world. "
"Oudtshoorn bied baie besienswaardighede en sal aan almal se behoeftes voorsien. "
"We were pleasantly surprised with the number and quality of restaurants! As well as the various activities in and around the town!"
"Daar is so baie in die Klein Karoo om te doen met families asook soos ons met klomp klein kindertjies. Dit bly 'n great bestemming elke keer."
"Dis 'n baie besonderse plek. Die atmosfeer het gemaak laat my kinders wil verhuis."
"Het al amper vergeet van al die interessante dinge wat Oudtshoorn bied! Krokodilplaas (met 'n magdom ander diere natuurlik ook!), volstruis-toere met voer, vryf en foto's. Vir grotte en ander dinge was daar nie meer tyd (en seker geld ook) nie."