Geverifieerde Resensie
Klein Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Klein Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2950 resensies.
"De Rust is one of our favourite places to visit. Beautiful surrounding with Meiringspoort a short drive away. "
"Ons is mal oor Oudtshoorn. Gaan gereeld soontoe en sal weer gaan. Lekker dinge om met die kinders te doen en net te ontspan. "
"Daar is nie woorde om die dorpies te beskryf nie. Dit is net 'n wêreld op sy eie. Sal enige tyd weer gaan."
"Daar is baie trekpleisters vir toeriste en baie restaurante in die omgewing. "
"Daar is baie om te sien en te doen. Nie baie ver van die see nie en teen 'n billike prys. "
"Dit is 'n pragtige dorp, baie geskiedenis, baie om te sien. Die natuurskoon in die omgewing is ongelooflik. Baie word gedoen om 'n besoeker of 'n toeris besig te hou. Dit is egter nie heeltemal ons tipe bestemming met betrekking tot al die aktiwiteite wat aangebied word nie: volstruisry, 'quad bikes', te veel om op te noem, maar vir mense wat daarin belangstel word daar baie aangebied en veral met kinders is dit 'n uitstekende bestemming. Die volstruisstoffers is 'n moet om te koop, ek is nou spyt ek het nie meer gekoop nie. "
"Baie dinge om te gaan kyk en die mense in al die dorpies was so vriendelik dat jy graag weer vir hulle wil gaan kuier."
"Oudtshoorn as 'n dorp was 'n wonderlike ervaring. Baie vir toeriste om te sien en doen."
"Wonderlike, skoon en netjiese dorp. Oral vriendelik ontvang en die diens was puik. Veral by die Nostalgie Restaurant. Heerlike etes, wonderlike diens en billike pryse."
"Behalwe vir die monumente in die Queens Mall, sal julle kêrels skouer aan die wiel moet sit met die ander monumente se bewaring. "
"Baie mooi plekke om te sien. Cango Caves is 'n moet. Het baie lekker by Karoopot Restaurant geëet. Pragtige berge. "
"Oudtshoorn is 'n dorp met baie geskiedenis en besienswaardighede en is uiters veilig om in te beweeg, selfs saans. "