Geverifieerde Resensie
Klein Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Klein Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2950 resensies.
"Oudtshoorn steel 'n mens se hart voor jy weet. Die mense is vreeslik hulpvaardig en vriendelik. Daar is oneindig baie besienswaardighede om jouself mee besig te hou. En dis ongelooflik veilig!"
"Montagu verdien dat 'n mens vir 'n langer tydperk as net een nag daar deurbring om na al die geboue en geskiedenis te kyk."
"Great destination with lots to do. Friendly locals,good Restaurants,Wine Farms and outdoor activities. "
"As gereelde besoekers aan die KKNK is dit steeds lekker om daar te kuier - daar is 'n goeie verskeidenheid eetplekke."
"Het die KKNK bygewoon en sal dit weer bywoon volgende jaar, want dit was een groot fees!"
"Ek gaan telkemale terug na Montagu omdat ek elke keer so lekker daar kuier."
"Die ondervinding van die Karoo se rustigheid verkwik 'n mens se siel. Die vriendelikheid van die mense dra by tot hierdie rustigheid en eg Karoo-ondervinding."
"Oudtshoorn is vol verrassings. 'n Dagrit deur die Swartbergpas en Meiringspoort is 'n moet om die mooi omgewing en nabygeleë dorpe van Prins Albert en De Rust te verken."
"Oudtshoorn was fantasties, dit was ons eerste besoek aan die KKNK en dit was 'n baie aangename atmosfeer. Al die mense was baie vriendelik. Dis baie skoon en netjies en al die fasiliteite is in baie goeie kondisie. Ek sal beslis terugkeer. "
"KKNK maak van Oudtshoorn beslis 'n heerlike plek om te kuier. Die dorp is ongelooflik skoon, al is daar soveel toeriste wat die strate oorneem. 'n Ware juweel!"
"Die enigste probleem met Oudtshoorn is die straatkinders wat om elke hoek sit en bedel. Veral in die donker hoekies in die aande."
"Was al baie daar en dit bly maar 'n lekker plek om te besoek. Eerste keer wat ons KKNK besoek het. Dit was ook lekker."