Geverifieerde Resensie
Kleinmond
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kleinmond bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 617 resensies.
"Kleinmond het 'n baie spesiale plek in my hart. Nie te ver om van die stad se gewoel te ontsnap nie, rustig en stil genoeg om weer asem te haal, maar ook genoeg om te doen om besig te bly. Die hawe is altyd 'n lekker uitstappie met vriendelike mense wat jou soos 'n ou inwoner laat voel."
"Ons het gevoel dat die winkels af na die Hawe se kant toe, te laat oopmaak in die oggende indien 'n persoon 'n ontbyt wil geniet. Daar was 2 oop so was nie baie beïndruk daarmee nie. Selfs die boekwinkels was teen 10 nog nie oop nie. Baie teleurgesteld daaroor, maar die res was dit taamlik ok. "
"KLEINMOND IS BEAUTIFUL AND A LOVELY PLACE FOR A HOLIDAY OR WEEKEND GETAWAY."
"Alles wat jy soek soos winkels en restaurante is geskik geleë. Jy hoef vir niks te soek nie. Die dorp is baie netjies."
"Kleinmond is a gem of a place. Small, safe town with everything one needs right there. Well worth a visit."
"Kable Joe's se seekos was heerlik! Daar is baie wynplase in die omgewing, veral naby Hermanus. Dit is 'n lekker "rondry en verken" omgewing."
"Awesome vakansie dorpie met heerlike eetplekke, en al die winkeltjies! Sal weer en weer kom. "
"Kleinmond is 'n ongelooflike pragtige vakansieplek, baie sentraal en baie om te doen in omgewing."
"Baie rustige en lieflike plekkie, naby strande en winkels. Perfekte plek vir 'n wegbreekkans."
"Kleinmond is baie rustig en die natuur is wonderlik. Goeie rus vir jou siel en goed vir een se gemoed."
"Dit is 'n lieflike plek waar mens nog vrylik kan asemhaal. Die see se water is natuurlik yskoud, maar die uitsig as jy op die strand is maak op vir die koue water! Ons het 'n paar keer by verskillende restaurante geëet wat baie lekker was. Van die plekke by die hawe se kombuise maak 20:30 al toe (ek dink dis vroeg vir die Kaap waar dit eers 20:00 donker is!) en dis jammer dat daar nie meer van die omgewing se wyne op die spyskaarte is nie. Kleinmond is 'n plek vir ontspan!"
"Baie lekker dorpie met lekker eetplekke en winkeltjies. Die natuurskoon is baie rustig met die lekkerste staproetes en strand."