Verified Reviews
Knysna
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Knysna
Rated 4.7 out of 5 based on 896 reviews.
"Amazing holiday destination filled with so much to do. Caters for every budget. People don't greet much though."
"Was wonderlik om weer die gebied na 20 jaar te kon sien. Dit is baie veilig en rustig met die mooiste natuurskoon."
"Sal enige dag terugkom na die Knysna-omgewing. Pragtige dorp en area."
"Doen moeite en gaan sien alle besienswaardighede, die groot geelhoutboom, Monkeyland, Birds of Eden, Jukani en soveel meer."
"Pragtige plekkie. Dit is lekker om rond te stap en plekkies te ontdek. Moeilik vir ouer persone wat in 'n rolstoel is of moeilik stap om al die trappe te stap tot by see. Groen met baie bosse, pragtig."
"Ek sal enige tyd die vakansiedorp besoek en dit aanbeveel vir vriende en familie."
"Diens by restaurante traag en kos baie over priced. Knysna kan gerus vir Suid-Afrikaanse toeriste ook cater."
"Ek sal dit vir almal daar buite aanbeveel. Dit is 'n oulike plekkie, mens voel sommer tuis. Baie netjies en skoon. Ons was vriendelik verwelkom, ons sal definitief weer hierdie plekkie boek!"
"Besighede was nie oop nie oor die Paasnaweek nie. Vakansie-atmosfeer is fantasties met goeie water-vermaaklikheid."
"As jy nog nooit daar was nie, maak 'n plan. Ek sal baie van my volgende vakansies in die omgewing hê."
"Daar is soveel ryk geskiedenis in Knysna en omgewing dat dit dalk wys is om 'n bietjie na te lees oor die dorp of van 'n toergids gebruik te maak, anders mis jy dalk van die weggesteekte juwele!"
"It's a great place to stay and I'll always be coming back to Knysna with my family."