Geverifieerde Resensie
Knysna
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Knysna bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1335 resensies.
"Die hoofstraat was baie besig wat vervoer van een plek na 'n ander bemoeilik het. Die dorp as sulks was toeganklik met al die voorraad wat jy nodig het. "
"The fact that it is one of South Africa's most popular tourist destinations speaks for itself."
"Knysna is absoluut pragtig! Dit is beeldskoon met die mooiste uitkykpunte. Pragtige strand in Brenton-on-Sea."
"Have always loved visiting Knysna, but we were disappointed that the "three legs" wasn't running on the Wednesday, the only sunny day we had."
"Baie goed, net van die aktiwiteite en dinge wat jy wil doen is duur. Moeite werd om daar vakansie te hou."
"Ons is gaande oor Knysna, die omgewing is asemrowend mooi en sal sommer permanent daar wil bly."
"Knysna is mooi, die woude self het ek besoek en dit baie mooi gevind."
"'n Pragtige, vriendelike dorpie. Die inwoners baie behulpsaam, veral met aanwysings na spesifieke plekke. Regtig heerlik gebly en gekuier. Kom verseker weer terug!"
"Knysna is 'n pragtige toeristebestemming met heelwat om te sien en te doen in die direkte en omliggende omgewing. Dit is ongelukkig bietjie aan die duur kant aangesien dit baie gewild is onder buitelandse toeriste."
"Knysna is beeldskoon! Die allermooiste natuurskoon ooit! Dit was ons eerste besoek aan daardie deel van ons land, en ons sal baie beslis weer gaan. Ons het veral Buffelsbaai se strand baie geniet."
"Knysna is een van ons gesin se gunsteling bestemmings. Daar is ook so baie ander aktiwiteite en toeriste aantreklikhede in die omgewing veral Plett se kant toe. Restaurante op Thesen Island is fantasties. Ons sal verseker weer soontoe gaan."
"Baie mooi natuur, baie om te doen in die omgewing, lekker eetplekke. Tapas is 'n moet!"
"Fantastic! Forest walks, swimming beaches - what more could you want?!"
"Ek sal definitief aanraai dat 'n mens vir ten minste 'n week daarso bly. Daar is soveel om te doen en te sien dat een dag net te kort is. Dit is 'n verskriklike oulike plek."