Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 13625 resensies.
"Ek sal Amanzimtoti enige tyd aanbeveel buite piek tyd. Ek weet nie of enige bestemming by die see aangenaam sal wees in piek tyd nie. Maar dis maar net my persoonlike keuse. Ushaka is 25 min se ry en ons en die kinders het die hele dag daar geniet. Splash Water World het ons ook heel verbaas. Ons het 'n hele dag daar ook spandeer met die kinders. Hulle swem en gly geriewe is baie gebruikersvriendelik vir ouers en kinders onder 6 jaar. Ons was net in die area vir 4 dae, maar dit was time and money very well spent."
"Uiters vuil, voel onveilig waar mens beweeg, veral aan strandfront. Umhlanga en Balito is veilig en netjies."
"Die meer was 'n teleurstelling. Het jare terug seker eenkeer per maand daar gaan visvang. Vidal nou die enigste opsie."
"Lucien Beach (Margate North) was heerlik, onderste gedeelte van Margate strand voel mens nie altyd veilig vroeg soggens nie. Baie bedelaars en dronk persone wat lastig is. Later deur die dag raak dit egter beter. Wimpy Margate se diens is fantasties."
Midlands Meander, KwaZulu-Natal
The Barn Cottage @ Inversanda Farm Cottages"Die natuur is asemrowend en ons tydjie was te kort om die omgewing meer te explore. Ek het bietjie meer verwag van die winkels spesifiek in die omgewing. Piggly Wiggly het uitsonderlike winkels, maar die pryse was onbetaalbaar hoog."
"Baie lief vir Uvongo. Soos meeste van ons dorpe en stede is die infrastruktuur bietjie verwaarloos, maar dit is nog steeds 'n heerlike vakansieplek."
"We love Ballito. The beaches are beautiful and clean. It’s a great family destination."
Midlands Meander, KwaZulu-Natal
Ashton Wold Estate: Bluestone Cottage 1"Ongelooflik goed versorgde winkeltjies en omgewing. Pragtige natuurskoon. Sal vir seker aanbeveel."
"Die see en strand is nog netjies en skoon (Manaba/Uvongo) se kant. Die restaurante is ook fantasties."
"Daar is geen ordentlike eetplekke in die omgewing nie, moet Toti toe ry indien jy wil uiteet."
"Such a friendly place, everything you need is in walking distance. We had a lovely time."
"Safe and very welcoming place. People are friendly and it is close to the shops and entertainment areas. Amazing place."