Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 13625 resensies.
"Bedelaars is oorweldigend en kinders wat dwelms gebruik oop en bloot op die strand is ongelooflik teleurstellend."
St. Lucia-riviermonding, KwaZulu-Natal
Villa Mia 12"Dit was my eerste keer wat ek na St Lucia gegaan het vir vakansie en dit is 'n wonderlike, pragtige plek. Alles is skoon en Cape Vidal is die heel mooiste strand wat ek nog ooit by was. Dit is beslis die beste plek om vakansie te hou. "
"Zinkwazi is 'n juweel van 'n plek en ons sal vir seker terugkeer. Die strand-restaurant by die bootklub se diens is puik, hulle pryse billik en die kos heerlik."
"Buiten vir die slegte toestand van die paaie, was dit heerlik om aan die Suidkus te kuier. Dis gerusstellend om gereeld die polisie op patrollie te sien, en die swemstrand is lieflik!"
"Die strand is 'n heerlike swemstrand en die kleiner kinders het die riviermonding geniet om in te baljaar. Die strand en dorp is netjies en skoon."
"Ons sal nie vinnig weer Sodwana toe gaan nie vir die rede dat 'n mens so baie moet betaal om see toe te kan gaan. Ons het R110 per dag betaal vir 3 mense en as jy aand die ander kant wil gaan on na 'n restaurant toe te gaan betaal jy weer R15 om in te gaan. "
"Umdloti is 'n klein dorpie met die lekkerste restaurante. Beste pizza en seekos. Strande is ruim en skoon. Dolfyne swem daagliks daar verby. Pragtig!"
"Baie sentraal met baie aktiwiteite naby vir kinders. Strand is skoon en daar is ook 'n baie lekker gety swembad by die hoofstrand."
"Ramsgate is 'n pragtige klein dorpie. Dit was my eerste keer om daar vakansie te hou en ek was aangenaam verras. Baie lekker swemstrand en dis naby aan baie ander toeriste aantreklikhede. Sal enige tyd Ramsgate aanbeveel as 'n vakansiebestemming. "
"Water tekorte het ongelukkig tans 'n negatiewe effek op vakansiegangers en toerisme. Hoop dit kan aangespreek word om te verhoed dat die effek op die omgewing verrykend sal wees."