Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 13625 resensies.
"Daar is nie veel in Hibberdene nie, maar dit het ons nie gepla nie, want ons wou net rus. "
"Vryheid is maar 'n "One Horse Town" en daar is nie veel vermaaklikhede op die dorp nie, maar die dorpie en sy omgewing is ryk aan geskiedenis en so 'n moet om na al die geskiedkundige plekkies en museums te gaan. Lucas Meijer se huis is in Vryheid, asook die Slag van Bloedrivier Museum en Terrein nie te ver uit Vryheid op pad Dundee toe nie. Dan is Piet Retief se graf ook nie te ver uit Vryheid op pad Noord-Kaap toe nie."
"Wat 'n pragtige groen, boomryke omgewing! Vir die natuurliefhebber is hierdie 'n wonderlike bestemming. Ek sou graag langer hier wou bly om meer van die omgewing te sien. "
Midlands Meander, KwaZulu-Natal
Gum Tree Glen"Dis 'n pragtige omgewing met baie om te doen en te sien!"
St Michael's-on-Sea, KwaZulu-Natal
Knoxgore Garden Cottage"Dit is baie sentraal geleë van ander strande. Dit is baie skoon en netjies."
St. Lucia-riviermonding, KwaZulu-Natal
Perna Perna St Lucia"Was teleurgesteld met die voëllewe op die water, maar verder het dit aan alle verwagtinge voldoen. Kon ook agterkom dat pryse fokus op buitelandse toeriste. "
St. Lucia-riviermonding, KwaZulu-Natal
Perna Perna St Lucia"Die deel is volgens ons een van ons land se kosbaarste dele, bewaar asseblief die gebied ons wil weer kom. Dit is 'n moet vir iemand wat die natuur in sy ongerepte vorm wil sien en geniet."
"Mtunzini is 'n voëlkykersparadys! Selfs in die Winter is dit 'n heerlike dorpie om te besoek."
"Te besig geraak. Strande nie meer veilig nie. Baie dronkies, veral by toegange van privaat strande. "
Willard's Beach, KwaZulu-Natal
Ballito Manor View 601"Clean and safe beach. We loved our walks and swims at this beach. Only missed beach equipment from our apartment that was not included in the rent."
"Baie besienswaardighede en 'n plek wat die moeite werd is om te besoek."
"Dit is 'n lieflike plek om net jou voete uit te skop en te rus. Verskriklik lekker en gemaklik. Daar is winkels om die draai en ook plekke om te besoek."