Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 13625 resensies.
"Klein, netjiese dorpie, nie regtig swemstrande nie, maar nogtans mooi en water is lekker en genoeg restaurante om van te kies! Nie veel om te sien of doen nie, maar dis rustig en nogsteeds lekker."
"Baie lekker, maar die rommel is stadig besig om 'n probleem te raak!"
"Pragtige ongerepte natuur. By hek na Cape Vidal. Klomp opsies van swem- en visvangstrande."
"Ons kon nie baie tyd in die dorp self spandeer nie, maar ons het wel The Pig and Plough en The Farmer's Lawn-mark baie geniet."
"Versteekte juweel. Mooiste omgewing en lekkerste eetplekkies. Moenie net verby ry Durban toe nie, stop vir 'n dag of 3."
"Southbroom is a few kilometers away from San Lameer, and is a lovely village with a good beach."
"Wonderful destination to truly immerse yourself in the splendor that is the Drakensburg."
"Besoek Margate een maal 'n jaar vir die laaste 31 jaar. Die natuurskoon is fantasties maar die dorp self het baie agteruitgegaan. Die snuffel en spesialiteitswinkels van vroeër jare bestaan nie meer nie. Dit is maar dieselfde wat gebeur met dorpe wanneer winkelsentrums gebou word. Ons het onveilig gevoel om deur die dorp te ry so ek sal nie sommer daar stap nie maar as jy die area ken en weet waar om te swem, kuier en shop sal jy die tyd geniet."
"There is unfortunately not much to do in Richards Bay. Movies, beach and restaurant - fun farm not impressive and food expensive for what you get! Reptile Park very expensive, we were only there for our daughters Matric Dance & doubt if we will go to visit the town again."
"Soos meeste van ons paaie in SA is dit 'n ervaring om via die N2 te reis met talle vragmotors op die roete. Maar St Lucia self maak op vir al die slegte reis ervarings. Die dorp mag dalk te stil wees buite skoolvakansies maar ons het dit waardeer. Die pad na die strand toe is vervalle maar toegangsbeheer verseker dat die area veilig is. Die dorp is skoon en daar is meer as voldoende winkels en restaurante."