Geverifieerde Resensie
Ladismith
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Ladismith bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 127 resensies.
"Plenty to see and do around the area, including Cellar with wine-tasting. amazing scenery and awesome in winter with the snow on the mountains."
"Baie potensiaal mits jy deur iemand begelei word wat die dorp se geskiedenis ken. Die dorp steek sleg af teen ander Karoodorpe."
"As jy lief is vir die natuur, rustigheid geniet en 'n mense-mens is, kan jy gerus in Ladismith gaan vakansie hou."
"Klein dorpie met vriendelike mense, 'n uitstekende plek as jy beplan om in die berge in te gaan."
"Seweweekspoort is 'n moet sien. Stop by die Dirt Road Cafe Padstal vir heerlike koffie en gemmerbier."
"Supper at the Kanna Kombuis was lovely. Staff very friendly. The curry was delicious. Lovely little town. Worth a visit."
"Oulike dorpie aan voet die van die pragtige Swartberge en Towerkop. Naby genoeg aan dorpe soos Oudtshoorn, Stilbaai en Mosselbaai."
"Ons sal beslis teruggaan. Daar is baie om te sien, maar ons tyd daar was te kort."
"Ladismith het nie baie winkels nie maar sal kry wat jy nodig het en dis baie rustig en stil!"
"Vind dit jammer dat die inligtingskantoor gesluit is op 'n Saterdag voormiddag. Tipies kom toeriste op 'n Saterdag aan en verlang inligting."
"Die Klein Karoo lê na aan my hart. Ladismith met sy groot aantal gastehuise is 'n goeie oornag stop op die R62 vir enige reisiger. Die dorp het heelwat goedbewaarde en gerestoureerde ou dorpshuise en ander geboue wat hom aantreklik maak vir die toeris. Ander besienswaardighede, 'n paar goeie restourante en besighede in die hoofstraat is ook 'n bonus. Sy mense is vriendelik en gasvry"
"Dis nou werklik 'n juweel. Die natuur en plante is besonders. Omring deur berge en vol vriendelike mense. Baie historiese geboue en lekker kaas."
"Heel billike plek om vir 'n aand oor te bly, en die eetopsies in die dorp het baie bekostigbare pryse."
"The municipal services needs to be improve in general, especially with the upgrading of the roads and potholes."
"Puik plek om te bly as mens die nabye berge wil gaan ontdek. Daar is ordentlike eetplekke ook."