Geverifieerde Resensie
Ladismith
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Ladismith bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 127 resensies.
"Ladismith is 'n klein dorpie, was nogal teleurgesteld dat mens nie Ladismith Kaas mag besoek of daar koop nie. Maar daar is 'n Parmalat Factory Shop in Ladismith - dis beslis die moeite werd om daar te stop. "
"Die dorp Ladismith is nie veel om na uit te sien, maar die omgewing is fantasties."
"Die owerhede/munisipaliteit kan gerus meer doen om Ladismith as 'n toeristebestemming te bemark. Die omgewing bied so baie, maar dit trek nie so baie toeriste nie."
"Ons geniet die dorp vreeslik baie, Vyver's Rus is die kersie op die koek!"
"The drive through Seweweekspoort is an experience not to be missed. Ladismith has a very good butcher who sells excellent biltong!"
"Mooi omgewing met die berge en bergpasse. Hou van die wingerde in die valeie. Goed om dagreise te doen. "
"Ladismith is naby genoeg vanaf Vyver's Rus, het heerlike middagete gehad by Hillock Wines."
"Mooi omgewing en interessante dorpie, maar daar is nie baie toeristebestemmings op die dorp self nie."
"Pragtige omgewing op 'n gewilde en mooi Route 62. Moonlik een van die kleinste dorpies op die roete."
"Mooi dorp met goedbewaarde argitektuurskatte. Oulike museum/inligtingsentrum. Goed geplaas as basis vir dagritte na Koovallei, Seweweekspoort, AmalienStein en Zoar, Huisrivierpas, ens. "
"Ladismith is 'n interessante dorpie. Gaan eet gerus by Kanna Karo en die Klein Karoo Kombuis - uitstekende kos en waarde vir geld. "
"Die dorp bied nie veel om te sien, maar die area rondom dit en die is gastehuis absoluut die moeite werd."
"Besoek Klein Karoo Kombuis vir 'n baie lekker middagete en uitstekende diens."
"Oulike dorpie, paaie bietjie aandag nodig in die dorp, maar mense vriendelik."