Geverifieerde Resensie
Lowveld
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lowveld bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 740 resensies.
"Gholovan pub n grill is amazing. Die melkskommels daar is iets besonders en ons het twee keer in een dag sommer daar gaan eet. Die dorp self is skoon, die paaie is nie 100% nie maar jy moet maar net wakker wees en kyk waar jy ry. Amarula lapa is net om die draai! Ons sal Phalaborwa weer sien!"
"Dis dig by die Kruger Wildtuin en die ideale plek om te oornag wanneer jy ingaan of uitkom."
"Dit was die eerste keer dat ons in die omgewing was en nie geweet wat om te verwag nie. Dit is maar 'n klein plekkie en ons moes Tzaneen toe gaan vir inkopies, ensovoorts."
"Die paaie is fantasties! Die ligging van die gastehuis is loopafstand van die Spar en naby aan al die aantreklikhede."
"Ek weet nie veel van Phalaborwa nie. Dit was net 'n oornagbestemming om vroeg in die wildtuin in te gaan."
"Pragtige dorpie, sentrale kern van die dorp nie te aangenaam nie, wil maar liewers jou inkopies doen in die dele op die buitewyke van die dorp. Gelukkig is daar 'n nuwe winkelsentrum wat baie hiermee help. Verder was dit baie aangenaam."
"Phalaborwa slegs voordelig vir my omdat dit naby die wildtuin is. Ons besoek was te kort om 'n redelike opinie te kan gee. Dorp is tans droog met paaie vol slaggate."
"Lieflike omgewing! Pragtig! Ons eerste keer daar en sal graag weer wil gaan."
"Indien jy jouself in Phalaborwa bevind, gaan besoek gerus die House of Amarula wat so 10 km min of meer buite Phalaborwa geleë is. Beste tyd om hulle te besoek is Jan en Feb wanneer dit amarula-tyd is."
"Die uitsig vanaf bo-op die mynhoop is fantasties. Ons het lekker by een van die restaurante geëet. "
"Being an ex member of the SADF based in 7 SAI, I was a bit disappointed with the way it had deteriorated in 30 years."
"Ons is afkomstig van Phalaborwa. Het al vorige kere nodig gehad om nood-akkommodasie te reël naby Tzaneen Medi Kliniek. Die Stables is die ideale opsie vir 'n onvoorsiene geleentheid."
"Haenerstburg is 'n goeie oorslaapdorpie en het ons nogal verras met sy uiteetgeriewe. Sal die dorp aanbeveel vir oorbly en dan vandaar af Magoebaskloof en die omgewing gaan besigtig as om in Tzaneen te oornag."
"Haenertsburg is klein, maar so sjarmant. Maak seker om by die brouery op Cheerio Lane in te loer. Almal is super vriendelik, heerlike kos en elke plekkie het 'n besondere atmosfeer en-/of 'n wonderlike uitsig."
"Ek is mal oor Dullstroom en Sabie. Hierdie was ons eerste besoek aan Haenertsburg en ek is eerlik as ek sê ons wil daar gaan bly! Die groot rede is omdat dit nog baie plattelands is en nie so gekommersialiseerd is soos die ander twee nie. Selfs die begrafplaas is mooi."