Geverifieerde Resensie
Lamberts Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lamberts Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1255 resensies.
"Baie lekke dorpie. Rustig. Jy word nie gepla nie. Ek soek weer 'n plekkie by julle."
"Klein hawedorpie aan die Weskus wat 'n besoek werd is. Bird Island is 'n moet sien."
"Baie rustige plekkie sal enige een aanraai om 'n vakansie daarheen te vat."
"It's underrated and a bit off the beaten track. Other than seafood and gannets, not really much else to see and do."
"Gaan kyk die Malgasse. Besoek Muisbosskerm en die ander restaurante. Ons het heerlik geëet. "
"Ons het heerlike seekos geëet by Weskus-kombuis. Dit is ook aan te beveel."
"Muisbosskerm is 'n moet, ons het nie veel van dorp gesien nie omdat ons vroegoggend uitgery het na ander plekke en net voor donker teruggekom het."
"Pragtige stranddorpie met uitstekende restaurante. Maak beslis 'n draai by Kookfontein. Beste ondervinding van ons verblyf in Lambertsbaai."
"Ek sal beslis Muisbosskerm as eetplek aanbeveel. Uit die boonste rakke met die grootste verskeidenheid seekosse ooit. Fantasties."
"Jare na ons eerste besoek is dit duidelik dat Lambertsbaai soos baie van ons plattelandse dorpe, agteruit gaan en sekere areas verval. Maar Lambertsbaai en die area regverdig steeds 'n besoek van 2 dae. Restaurante is baie goed en die inwoners is vriendelik en behulpsaam."