Geverifieerde Resensie
Lamberts Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lamberts Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1255 resensies.
"Die ou mooi Weskusdorpie met sy gasvrye mense het toeriste bitter nodig in die moeilike tye. Gaan geniet n wegbreek van alle stres en gaan kuier daar."
"Lambertsbaai is 'n pragtige dorpie. Baie vriendelike mense. Die see is waar my hart lê. Ek kom beslis weer Lamertsbaai besoek."
"Die ideale plek as jy wil wegkom van die besige stadslewe. Die rustigheid is net wat mens nodig het om weer te herlaai. Sal definitief weer terugkom."
"Dis 'n pragtige wissersdorpie met sy vriendlike mense, sal enige dag weer gaan vir 'n kuiertjie en vir my was dit 100% veilig."
"Mooi strande, goeie surfspot (JoJo's) en goeie verskeidenheid restaurante. Ons maak weer so."
"Mooi kusdorp. Interessant was die hoeveelheid bote wat by hawe in is, die snoek het gebyt."
"Eet by ad Hatter, daar is nie iets beter nie. Hulle het ook Rooibos Stokkies Tee. Kuier lank, want dit word net lekkerder."
"Ek hou net nie van die glas en gemors tussen die rotse, asook die graffiti op die rotse nie. Vandat ek klein was tot nou, 35 jaar later, is dit jammer om te sien hoe die Weskus agteruitgaan. Maar dis nogsteeds ’n kwaai plek."
"Lambertsbaai is nie almal se "cup of tea" nie, maar ons wat net wil wegkom van die "Rat Race" love Lambertsbaai en die res van die Weskus. Jou siel en gees kan afskakel."
"Lambertsbaai is 'n geskikte bestemming vir 'n naweek of so. Enige iets langer as twee aande is in my opinie te lank."