Geverifieerde Resensie
Lamberts Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lamberts Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1255 resensies.
"The town is a bit industrial but the accommodation we had was out of the industrial area. We loved the fact that it was so quiet."
"Oulike rustige dorpie, interessante winkels, lekker geëet by Isabella - kan dit beslis aanbeveel. Die strand en dorpie is skoon en netjies. "
"Daar is vir my mooier plekke nader aan Kaapstad, maar as mense 'n regte Weskus-ervaring soek, is Lamberts seker lekker!"
"Muisbosskerm Restaurant en hawe met seemeeue is beslis 'n ondervinding wat besoek moet word."
"Ons is absoluut gek oor Lambertsbaai! Ons gaan elke jaar minstens een keer soontoe! Het al lekker vriende gemaak met die locals en geniet die restaurante (Mad Hatter Café, Weskus Kombuis, Muisbosskerm, Isabella's en selfs Funky Tastebuds) vreeslik baie asook Bird Island met sy duisende malgasse. Daar is lekker snorkel-moontlikhede vir die wat soos ons bereid is om die koue water te trotseer. 'n Absolute moet-besoek bestemming aan die pragtige Weskus."
"Daar is nie veel te doen behalwe loop, eet, rus en swem nie, maar die eetplekkies is lekker, klein winkeltjies is oulik en die mense is vriendelik. 'n Heerlike vakansiedorp met breë strate en groot ou huise. Jammerte is dat daar soveel leë besigheidspersele in die dorp is. Miskien is dit 'n geoeie geleentheid vir 'n entrepreneur!"
"'n Besoek aan Voel-eiland word sterk aanbeveel. Die malgas broei-kolonie is iets besonders."
"Die mense is so vriendelik, veral die apteekassistente en die mense in die besighede! Voorwaar `n pragtige vakansiebestemming."
"Besoek Lambertsbaai gerus tydens buiteseisoen. Dit is stil en perfek om weg te kom van 'n gejaagde lewe van die stad. Daar is baie om te sien en doen, meeste besienswaardighede is binne 60 kilometer. Die restaurant se eienaars is vriendelik en bedien die lekkerste seekos. Johan by Weskus Restaurant het ons baie welkom laat voel en Tersius by Muisbosskerm was 'n wonderlike gasheer. Maak jouself gereed vir lekker kuier met goeie kos en wyn."
"Lambertsbaai sal altyd 'n plek in my hart hê - die vriendlikheid en al sy restaurante - daar is altyd iets om te doen en hy spog met fantastiese strande."
"Geen vars vis te koop! Wat gaan aan? Die calamari by Weskuskombuis is uit die boonste rakke. Jammer so ver van Kaapstad anders was ons elke tweede aand daar. Lambertsbaai se mense is ons soort mense. Voor aanbouings 3 ster, na aanbouings gewis 4 ster."
"Pragtige plekkie om uit te span en die nog plattelandse kusdorp se vriendelikheid te geniet."
"Lambertsbaai is regtig mooi. Die strand het sagte sand en dis baie rustig daar. Wees net voorbereid, maar kan vinnig en skielik koud raak. "
"'n Rustige wegbreek area. Jammer dat die pad na Doringbaai in so 'n swak toestand is dat ons na 'n paar kilometers moes omdraai."
"Wat 'n pragtige plekkie. Sou nog langer wou bly om meer te sien."
"Dalk meer inligting oor eetplekke, besienswaardighede van plase in omgewing waar produkte verwerk word, en na gekyk kan word. Baie min mense het kennis van Tee-verwerking, aartappels plant, oes, ens. Visfabriek-toere / verwerking van vis. Kaart van goeie visvangplekke."
"Need to visit for longer so that more seafood can be consumed. Musibosskerm remains a great evening."