Geverifieerde Resensie
Lamberts Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lamberts Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1255 resensies.
"Aangename plek vir toeriste en die atmosfeer by die hawe was fantasties met al die vars snoek op die kaai."
"Gasvrye dorp wat Weskus-kultuur skree! Seekos en kreef vars vanaf die hawe, lieflike eetplekke en 'n ligging wat dit die ideale wegspringplek maak vir kuslangse of binnelandse reise! Pragtige dorpie - skoon en netjies!"
"Lambertsbaai is 'n lieflike skoon dorp en die perfekte dorp vir lekker ontspan."
"Was my eerste besoek aan Lambertsbaai! Die kleur van die see was wonderlik! Dis 'n skoon en rustige dorp! Sal beslis vir 'n langer tyd daar wil oorbly!"
"Think there should be more visible shops where visitors can buy some raw fish, especially on the harbour."
"Dit is die tweede jaar dat ons Muisbosskerm kom besoek het en ons was weer baie tevrede. Ons het by Raston Guest House oorgeslaap en bietjie in die dorp gekuier - fantastiese mense!"
"Lambertsbaai het meer om te bied as wat mens dink! Die bekende seekos-restaurant Muisbosskerm is daar, en verseker die moeite werd. Die kos was uitstekend, vars en smaaklik en om so na die see te kyk terwyl jy aan die vars vis eet, was regtig 'n wonderlike belewenis."
"Die is ons derde besoek aan Lambertsbaai, en soos altyd, het hy ons nie teleurgestel nie! Ons geniet die natuurskoon en die rustigheid vreeslik!"
"Lambertsbaai is 'n absolute awesome plekkie, die strand, hawe, eetplekkies, winkels ens. was baie aangenaam. Die mense is baie vriendelik. Lambertsbaai en omgewing is 'n pragtige plek en ons sal definitief weer gaan vakansie hou op die vriendelike dorpie."
"Was bietjie raserig op die strand op 1 Januarie, maar andersins baie lekker gekuier en Muisbosskerm altyd 'n wenner!"
"Sal ons enige tyd daar vestig en dit sal definitief ons gunsteling vakansieplek bly. Alle restaurant se etes is die geld werd."
"Dis goed om die vissershawe te sien. Om die Malgasse terug te sien was wonderlik gewees. Ete by Muisbosskerm was uitstekend en dis een van die pluspunte vir Lambertsbaai. Vir voëlkykers is dit 'n belangrike bestemming."