Geverifieerde Resensie
Langebaan
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Langebaan bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1385 resensies.
"Dit is nie so ver uit die Kaap nie so dit is maklik om vir 'n naweek te kom. Al die winkels is ook daar om te kry wat ons benodig. Langebaan as 'n geheel het 'n vriendelike gemeenskap met heelwat aktiwiteite. Om deur die natuurreservaat te kon hardloop was 'n belewenis. Mooi herinneringe van Langebaan en ons kom definitief terug!"
"'n Heerlike vakansiedorp met al die geriewe wat nodig is om die vakansie ten volle te geniet. Eetplekke is fantasties."
"Pragtige bestemming met pragtige privaat strand. Veilig en 'n lekker rustige area."
"Dis heerlik dat daar 'n restaurant stapafstand van die verblyf af is. Veilige strand, skoon en pragtig."
"Mykonos is 'n wonderlike oord vir gesinne met kinders. Daar is soveel om te doen en altyd te min tyd om by alles uit te kom."