Geverifieerde Resensie
Langstrand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Langstrand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 34 resensies.
"The area is well developed and very neat. It is centrally situated between Swakopmund and Walvis Bay."
"Daar was geen geraas nie en die mense in die omgewing was baie vriendelik. Maak net seker u kom met al benodighede want die naaste groot winkels is in Swakopmund of Walvisbaai wat nie om die draai is nie."
"Langstrand is 'n awesome vakansieplek - sal dit aanbeveel vir enige persoon. 'n Mens voel of jy asem haal. Kids het dit baie geniet in parkie. In die toekoms kan hulle dalk as daar enige feeste aangebied word, beter adverteer. Het net die musiek gehoor, maar van geen feeste geweet nie."
"Baie raserig en ons moes ry na swemstrande toe omrede die naby strandarea nie geskik was vir swem nie. Die area het ook 'n watertekort gehad en was soms vir meer as 'n dag sonder water. Daar was ook 'n baie slegte reuk sekere dae. Andersins was dit lekker met heelwat duine-aktiwiteite wat naby was en Swakopmund was ook net 30 min se ry van Langstrand af."
"Baie lekker sentraal vir alles wat daar is om te doen. Besienswaardighede, soos Duin 7, Ameib Ranch, Spitzkoppe, naby Swakopmund, en laaste maar nie die minste vir lekker hengel."
"The wind spoiled our mornings and the seawater was quite cold. We enjoyed our visit to the beach. The people are very friendly and relaxed and nobody interfered with anybody."
"Dis sentraal - meetal huise en min eetplekke. Maar goed geleë tussen Walvis en Swakop - so uitstekende ligging vir verkenning."
"Behalwe vir die pyn van Covid-toetse is dit die ideale bestemming aan die Weskus van Afrika!"
"Dis stil, rustig en baie mooi en alles wat jy meestal nodig het, kan jy by ‘n vulstasie om die draai koop. Langstrand sal ons weer sien!"
"Aan te beveel vir enige persoon wat nog nooit Namibië besoek het nie, dit is naby klomp dorpies in die omtrek."
"Dit is 'n stil en veilige ontspaningsplek met die see naby en 'n gerieflike strand met restaurant."
"Langstrand kort 'n ordentelike winkel waar daaglikse benodighede aangekoop kan word."
"Die diensstasie op langstrand maak dit baie gerieflik om nou daar te bly. Met al die nodige om die draai."
"It's a wonderful beach environment, no shops or restaurants in Langstrand except the filling station close by with car wash and basic shop. But it is conveniently situated between Swakopmund and Walvis Bay, just 12 km to either, so super easy to get to shops and restaurants either way."