Verified Reviews
Leeupoort Vakansiedorp
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Leeupoort Vakansiedorp
Rated 4.6 out of 5 based on 150 reviews.
"Alhoewel Leeupoort 'n baie lekker bestelling is, is dit meer van 'n gemeenskap as 'n toeristebestemming"
"Paaie kan net bietjie opgeknap word. En winkel is vrek duur. Sal dalk aanbeveel om soos mense uit te vat na Uitkyk toe."
"Geld gewys is dit die moeite werd en om jou siel te vul met die skoonheid van die natuur."
"Dis regtig heerlik. Mens kom weg van die stad se geraas. Moet lief wees vir die natuur en diere om dit te geniet en te waardeer. Was al 'n hele paar keer daar en het elke liewe besoek geniet en uitgerus teruggekeer. Beplan klaar weer ons volgende besoek."
"Ons sal beslis weer daar gaan kuier. Die kinders love die diere, fietsry, swem en stap. Net wat ons nodig gehad het om uit die besige stad te kom."
"Dit is mooi wêreld met mooi mense. Die diere is die grootse aantreklikheid. Dit is regtig 'n plek wat jy besoek om rus vir siel, gees en liggaam te kry."
"Dit is altyd die moeite werd om vir 'n naweek weg te breek en jou siel en gees te vul met die natuurskoon en diere-energie rondom jou."
"Ons as familie is aangenaam verras gewees. Dis 'n pragtige omgewing, baie veilig, kindervriendelik. Dis nie ver van Pretoria af nie."
"Dis pragtig in die Bosveld geleë en die wild stap tussen die huise rond. 'n Onvergeetlike ervaring."
"Die paaie is nie goed nie. Nie 'n goeie winkelervaring gehad nie. Wildspaaie is nie duidelik gemerk nie. 4x4-roete behoort 'n duidelike aanwysing te hê."
"Small, very friendly community! I especially appreciated the lady at the veggie shop being friendly and helping us on a Sunday afternoon past business hours! Great place. Everyone needs to see this town."
"Die beste plek as jy graag wil rus en interaksie met diere wil beleef! 'n Moet vir elke gesin!"
"Kort dalk meer swem-areas. Paaie het heelwat spoelskades gehad (bietjie erg vir 'n sedanmotor) as gevolg van sikloon Helios, maar was nogtans rybaar. Die oord se aanduiding na waar die reservaat is kort dalk "bietjie aandag". En uitleg van paaie/roetes in reservaat."
"’n Besonderse bederf weg van alles af. Definitief my gunsteling vakansieplek. Veilig en skoon met baie diere en vriendelike mense."