Geverifieerde Resensie
Leisure Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Leisure Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 15 resensies.
"Veilig, mense kan dalk bietjie vriendeliker wees. Ek dink iemand kan 'n besigheid begin waar hulle iets soos scooters of gholfkarretjies uithuur, om rond te ry in Leisure Bay-area. Ook kort daar 'n strandwinkeltjie, alhoewel daar 'n winkeltjie is, is dit 'n ent se stap, baie opdraande. Maar fantastiese plek."
"Dit is so rustig en netjies en nie 'n toeloop van mense nie, jy vat jou handdoek, stoel en mandjie en stap strand toe, geen gesoek vir parkerplek, gaan definitief weer en weer gaan."
"I adore this area. So many thing to do for adults and kids. Aqua parks, nature reserves, play parks, game drives, coffee and banana farms, great places to eat, etc."
"Dit het die lekker strande en mooi snorkelpoele. Daar is van die lekkerste bergfietsroetes naby en 'n paar ander interessanthede. "
"Die naaste winkels is in Port Edward (ongeveer 5 - 10 km weg) maar dit is nie 'n probleem as jy goed beplan nie. Die omgewing is baie veilig en daar heers 'n baie lekker vakansie atmosfeer met gesinne wat strand toe loop en lekker kuier met verbygangers. Die strande is baie skoon en veilig en word baie mooi versorg."
"Leisure Bay is in my mening 'n baie lekker toeristebestemming. Dit is naby aan die Waterpark by die Casino en Mac Banana is net 'n wonderike plek. Daar was 'n paar dae wat daar redelik mense op die strand was maar ons het nooit gevoel dat dit te besig was nie. Ek moet sê die lewensredders was baie goed. Hulle was die hele tyd bedag en het gereeld seker gemaak die mense is waar hulle moet wees. My tiener dogter het haar voet gesny op die rotse. Dit was nie te ernstig nie maar daar was baie bloed. Hulle het die wond baie mooi skoongemaak en ek was regtig beïndruk. Ek kan regtig se ons het lekker vakansie gehou. "