Geverifieerde Resensie
Limpopo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Limpopo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 3450 resensies.
"Natuur is beeldskoon en daar is genoeg besienswaardighede om jou besig te hou. Verskeie restaurante op die dorp, maar bedien nie na 18:00 etes van Maandae tot Donderdae. "
"Die paaie lyk beter as Desember laas jaar - aansienlik minder slaggate."
"Lekker om deur te ry en by die plekkies langs die pad te stop. Ons ry altyd daardeur op pad ATKV Eiland Spa toe. 'n Dag of wat is vir my genoeg, maar dit is lekker."
"Dit is 'n wonderlike plek, nie net vir vakansie nie, maar in die algemeen ook!"
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Boskooi"Daar is 'n winkel met alles wat mens nodig kan kry, van vullis sakke tot roomys en blikkieskos. Die reservaat het heelwat diere en dit was heerlik om daar rond te ry vir 'n uur of twee en dan terug te keer na ons akkommodasie waar daar vlakvarke, zebras, bosbokke en rooibokke rondloop. Die mense wat daar woon is almal baie vriendelik."
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Leeupoort Boshuis"Ons as familie is aangenaam verras gewees. Dis 'n pragtige omgewing, baie veilig, kindervriendelik. Dis nie ver van Pretoria af nie."
"Naboom is 'n klein dorpie met 'n paar goeie restaurante en aktiwiteitsbestemmings net buite die dorp. Sal die dorp se CBD vermy so ver moontlik."
"We only overnighted en route to Kruger. It is a beautiful area. Could spend more time there. Amazing avos."
"Buitewyke van Mookgopong is baie mooi en rustig, die dorp self nie so baie nie. Klein en vuil."
"Beslis die moeite werd, en moet op enige iemand se wenslys wees om te kan besoek."
Mabalingwe Nature Reserve, Limpopo
Stone Lodge"Ons is meegedeel deur een van die gidse dat leeus in hok is en nie vrylik loop nie. Ons was bietjie teleurgesteld aangesien Mabalingwe adverteer word as Groot 5-bestemming. Ons kon dus nie een van die Groot 5 tesiene kry nie. Ek dink wild is te min vir die grootte van die plaas. Vir die prys wat mens betaal sou mens graag die Groot 5 wil kan sien."
"The place to be when you need quietness and time to rest while under the beauty of nature."