Geverifieerde Resensie
Limpopo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Limpopo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 3450 resensies.
"Pragtige dorpie wat alles bied wat jy nodig het vir 'n lekker vakansie."
"Jy kan rustig stap in die hoofstraat, boeke koop, rustig gaan sit by restaurante."
"Ons as gesin is lief daarvoor om Bela-Bela te besoek en het familie ook daar. Die lekkerste plekkie om te gaan eet by bly steeds Peet se Padstal. "
"Die dorp is relatief skoon afgesien van al die mense wat deur die dorp beweeg. Die winkelsentrums is ook baie maklik bereikbaar en glad nie te duur nie. Ons was egter op die einde van die maand hier en die OTM'e was stampvol wat nogal 'n pyn in die patat was, maar dis te verstane aangesien dit die end van die maand was en die dorpie duisende mense huisves."
"I loved everything, especially because you don't have to travel far for other things e.g ATM's, grocery stores etc."
"Fantastiese plek. Ek sal dit rêrig aanbeveel om weg te breek uit die stad uit."
"Maak seker jy kom met al jou proviand want die dorpie is pateties. Sorg dat jy na jou bestemming ry en nie nodig het om die verval van die dorp te aanskou nie."
"Puik stad met inkopiesentrums wat dit maklik maak om enige artikel en of produk te verkry. Goeie mediese en puik akkommodasie. Parkering in CBD is baie beperk en sal pluspunt wees indien daarna omgesien kan word. "
"Die dorpie lyk 'n bietjie afgeleef op die oog af. Moontlik is daar versteekte juwele. "
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Vir Altyd"Sal beslis weer Leeupoort Vakansiedorp besoek. Hulle staan nie een tree terug vir Marlothpark nie."