Geverifieerde Resensie
Limpopo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Limpopo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 3450 resensies.
"Wat ons van Tzaneen waardeer is die pragtige paaie, ongelooflik goed! Die omgewing is sprokies mooi. Vir 'n oud Vossie was dit weereens 'n belewenis. Akkommodasie is oral beskikbaar, restaurante puik."
"A small town, the food at the restaurant was not what I expected, its good to cook your own food"
"Vrugtestalletjies langs die pad het heerlike vrugte verkoop. Daar is genoeg winkels om in alle behoeftes te voorsien."
"Tzaneen het baie agteruit gegaan in die laaste tyd. Geen lekker restaurante waar mens kan uiteet nie. Ons gastehuis het opgemaak vir die toestand van die dorp wat ons glad nie geniet het nie. Dankie aan Die Stoep waar ons kon wegkruip gedurende Kersfees."
"Dis wel 'n veel kleiner dorpie as Johannesburg, maar daar is egter heel voldoende winkels en selfs die Modi Mall waar mens jou inkopies kan doen en omtrent alles bekom wat jy nodig het. Om op te som sou ek sê dis 'n oulike dorpie met genoegsame geriewe vir toeriste en vakansiegangers."
"Daar is nie veel om te doen in die omgewing nie, behalwe om Die Oog te besoek."
"Dit was ons eerste keer in Bella-Bella en ons almal het baie van die plek gehou."
"Weet nie rerig wat Lephala bied nie, die myn is naby en daar is verskeie natuurreservate in die area."
"Toeka se Dae farmstall is one of the best and makes the visit to Bela-Bela a pleasure."
"The street to go to Mount Amanzi is gravel, if the can change that for us with small cars."
"In die dorp self is genoeg te doen vir mense wat winkels soek, maar as die natuur jou ding is, is daar genoeg pragtige vakansieplekke in die omgewing."
"Baie mooi natuurskoon en uitsigte. Minder om te doen en minder kultuur as wat ek gedink het, maar genoeg om jou besig te hou vir 'n naweek. Louis Changuion staproete, die waterval en die canopy toer was pragtig. "
"Dit was iets anders as wat ons normaalweg doen. Ons het bietjie verder gery maar dit was deur en deur die moeite werd."