Geverifieerde Resensie
Lynnwood
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lynnwood bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 39 resensies.
"Goeie omgewing, ons was naby Lynnwood en Menlopark se skool waar ons Vrydag wou wees. "
"Lynnwood is baie sentraal geleë. Naby die universiteit en naby Menlyn en Brooklyn. Baie baie goeie ligging."
"Ons kom van 'n klein dorp so dis groot verandering om in die stad te wees, dis darem rustig waar ons gebly het maar baie verkeer in die hoof paaie. GPS is jou vriend. "
"Ons eerste keer in die Lynnwood omgewing, die paaie is in 'n baie goeie toestand ons het elke oomblik veilig gevoel, dis 'n pragtige boomryke omgewing, baie netjies en baie stil gedurende die nag."
"Ek kan nie dink daar is iets om op te verbeter nie, dit is klaar uitstekend."
"Baie veilig en netjies, want dis 'n afgesperde woonbuurt met veiligheidswagte. Uitstekende winkelsentrum net om die draai."
"Ek was vir die eerste keer by Safari in Lynnwood Road, en ek moet se dit was nou vir my 'n "treat" gewees! Die hele Lynnwood Road is eintlik oortrek met oulike kwekerye en ander interessante winkels! "
"Naby aan hoofweg maar tog stil, voel nie asof jy in die stad is nie. Baie lekker geriewe naastenby."